Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe normaal vir kinders wat teruggaan skool toe
Outeur: Prof Shaheen Mehtar
Gepubliseer: 13/07/2020

Met al hoe meer Suid-Afrikaanse leerders wat teruggaan skool toe, verskaf prof Shaheen Mehtar, ʼn infeksievoorkomingsbeheerspesialis betrokke by die Departement Globale Gesondheid van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en by die Afrika-infeksiebeheernetwerk, riglyne vir ouers en leerders.

Inligting vir ouers:

  • Alhoewel kinders ʼn laer risiko vir Covid-19-infeksie het, en as dit wel gebeur, is die infeksie gewoonlik matig, moet hulle steeds infeksiebeheer maatreëls volg aangesien hulle draer van die virus kan wees en ander meer kwesbare mense kan besmet.

  • Berei jou kinders voor deur te verduidelik dat gedrag in skole verander het sodat hulle en hulle vriende veilig kan wees.

  • Bekyk jou kind se gesondheid elke dag – moenie ʼn ongesonde kind skool toe stuur nie.

Moets

1.      Kinders moet die reëls rondom die dra van maskers nakom wat deur hulle skool of die Departement van Onderwys daargestel is.

2.      Kinders met gestremdhede soos doofheid of outisme verkies dalk gesigskerms. Daar is nog nie duidelikheid oor die gebruik van skerms nie, maar dit beskerm wel teen druppels.

3.      Pas handhigiëne toe ­deur so dikwels as moontlik te was of ʼn reiniger te gebruik, veral ná ʼn besoek aan die toilet.

4.      Kinders moet afstand tydens speletjies probeer handhaaf, al is dit vir hulle moeilik.

5.      Hulle moet ook ʼn veilige afstand in die klas probeer handhaaf.

6.      Vee lessenaars gereeld met ʼn klam lap af en laat droog word.

7.      Daar word voorgestel dat boeke met ʼn gelamineerde materiaal oorgetrek word wat gereeld afgevee kan word.

8.      Hou selfone in ʼn Ziploc-sakkie en haal dit net uit as dit absoluut noodsaaklik is.

As kinders op openbare vervoer reis, moet hulle:

    1. Indien moontlik naby ʼn venster sit en dit oophou

    2. ʼn Veilige afstand van die persoon langs hulle handhaaf

    3. Nie skree of op en af spring nie

    4. Indien moontlik hulle sak op hul skoot hou

9.      Wanneer jou kind tuis kom, haal die masker onmiddellik af, was dit in seep en water, laat dit droog word en stryk.

10.   Hulle hande en gesigte moet onmiddellik gewas word – of hulle moet onmiddellik stort indien moontlik.

11.   Hulle moet hul skooluniforms uittrek en in ʼn pastieksak plaas om gewas te word.

12.   Hulle moet gewone klere aantrek.

13.   Vee die boeke, skootrekenaar en ander items met ʼn alkoholpluisie af.

Moenies

14.   Geen drukkies of nabye kontak met vriende nie – met of sonder ʼn masker.

15.   Leerders moenie kos, speelgoed, fone of ander toerusting met skoolvriende deel nie.

16.   Indien moontlik, moet leerders nie aan hulle gesigte raak om die masker te verstel nie – dit moet gedoen word voor hulle die huis verlaat.

17.   Leerders moenie aan kontaksport deelneem tensy dit goed gereguleer is nie – die skool sal adviseer.

18.   Wanneer kinders afgehaal word, moet hulle nie druk of soen totdat dit by die huis veilig is om te doen nie.

19.   Moenie vergeet om hulle fone en ander artikels af te vee wanneer hulle by die huis kom nie.             

Ander riglyne

  • Daar is geen bewys dat ontsmettingstonnels of spuit van mense nie doeltreffend is nie, en dit kan respiratoriese en veltoestande soos asma onder kinders vererger.

  • As iemand by die skool positief toets, moenie paniekbevange raak nie!

  • As die persoon nie in kontak was nie, is daar nie rede tot kommer nie.

Skoonmaak en ontsmetting twee keer per dag is voldoende om die skool-omgewing skoon te hou.