Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
COVID-19: Sonder gemeenskappe is optrede tot mislukking gedoem
Outeur: Vuyiseka Dubula-Majola
Gepubliseer: 18/05/2020

Met die Wes-Kaap nou aan die voorpunt van bevestigde COVID-19 infeksies in die land, word die meeste gevalle in die arm, oorbevolkte informele woongebiede van die Kaapse Metropolitaanse gebied aangetref. Mev Vuyiseka Dubula-Majola, direkteur van die die Afrika Sentrum vir MIV-/Vigs-bestuur by die Universiteit Stellenbosch, meen die reaksie op COVID-19 noodsaak vennootskappe met gemeenskappe, asook samewerking met gemeenskapsgebaseerde organisasies om intervensies daar te stel.

Ter illustrasie van die rol van gemeenskapsgebaseerde organisasies het sy drie onderafdelings van die Kaapstad Metropool gekies, naamlik Khayelitsha, Klipfontein en Mitchell's Plain.

  • Om die volledige artikel te lees, kliek hier.

  • Foto: Verskaf