Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Implikasies van die Minister se aankondiging
Outeur: Prof Jimmy Volmink
Gepubliseer: 17/03/2020

Gebaseer op die aankondiging wat vanmiddag gedoen is deur die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Dr Blade Nzimande, begin daar môre (18 Maart 2020) 'n verpligte reses vir alle voorgraadse programme aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat tot en met 14 April sal duur.

  • Besonderhede oor die aanpassings wat aan die voorgraadse programme gedoen sal moet word sal deur die betrokke programkoördineerders bekend gemaak word wanneer dit gefinaliseer is.
  • Studente word aangemoedig om koshuise te ontruim, waar moontlik. Enige navrae kan aan Studentegemeenskappe gerig word.
  • Nagraadse programme en navorsing gaan voort tot verdere kennisgewing.
  • Reëlings met betrekking tot personeel is deur die Rektoraat gekommunikeer.

Dankie en vriendelike groete

Prof Jimmy Volmink

Dekaan