Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr. Margaret Blackie - US Onderriggenoot 2020
Outeur: CTL/SOL
Gepubliseer: 10/02/2020

Dr. Margaret Blackie, Departement Chemie en Polimeerwetenskap, is met ingang 2020 as US Onderriggenoot aangestel.

Dr. Blackie is ’n senior lektor in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap. Sy is in Januarie 2010 by die US aangestel. Sy het ’n PhD in sintetiese chemie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Dr. Blackie se navorsingsbelangstellings sluit in medisinale chemie, hoër onderwys en Jesuïete- (“Ignatian") spiritualiteit. Sy het akademiese artikels in al drie dissiplines gepubliseer. Sy gee klas en bied studieleiding aan nagraadse studente in beide chemie en teologie.

Haar belangstelling in onderwys het voortgevloei uit ʼn post-doktorale genootskap onder prof. Jenni Case in die Centre for Research in Engineering Education by die Universiteit van Kaapstad in 2009. Sy is tans betrokke by ʼn groot internasionale projek wat met studente in chemie en chemiese ingenieurswese in Suid-Afrika, die VK en die VSA deur hulle grade tred hou.

Dr. Blackie het ʼn onderriggenootskap van 2020 tot 2022. Die hoofdoel van haar navorsingsprojek is om akademiese personeel in “STEM"-dissiplines toegang te verleen tot die analitiese hulpbronne wat in die suite instrumente bekend as “Legitimation Code Theory" (“LCT") beskikbaar is.

Die US onderriggenootskappe bied voortreflike opvoeders en vakkundiges in onderrig en leer die geleentheid om meer dikwels vir volgehoue tydperke, en met verskillende vorme van ondersteuning, op aspekte van kurrikulumvernuwing, die verkenning van onderrig en leer, en die verspreiding van goeie onderrig- en leerpraktyk in departemente en fakulteite te fokus.

Die volgende akademici het onderriggenootskappe aan die US voltooi:

  • Dr. Elize Archer (Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Elmarie Costandius (Departement Visuele Kunste, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe)
  • Dr. Berna Gerber (Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Ian Nell (Departement Praktiese Teologie en Missiologie, Fakulteit Teologie)
  • Prof. Dana Niehaus (Departement Psigiatrie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Nicola Plastow (Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Geo Quinot (Departement Publiekreg, Fakulteit Regsgeleerdheid)
  • Wyle dr. Helena Wessels.

Die huidige US onderriggenote is:

  • Dr. Marianne McKay (Departement Wingerd‐ en Wynkunde, Fakulteit AgriWetenskappe)
  • Prof. Ingrid Rewitzky (Visedekaan: Onderrig en Leer, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  • Dr. Michael Schmeisser (Departement Hortologie, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  • Dr. Marianne Unger (Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)

Meer inligting oor die onderriggenootskappe is beskikbaar by Dr. Karin Cattell-Holden, kcattell@sun.ac.za of X 3074. ​