Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties verkies tot Arbeidsterapie-liggame
Outeur: Sue Segar
Gepubliseer: 21/11/2019

Twee lede van die Department Arbeidsterapie is verkies tot posisies in Arbeidsterapie-liggame – een wat arbeidsterapeute uit Afrika verteenwoordig en die ander wat arbeidsterapie-studente in Suid-Afrika verteenwoordig.

Munira Hoosain, 'n dosent in die Afdeling Arbeidsterapie, is onlangs verkies as die tesourier van die Occupational Therapy Africa Regional Group (OTARG) se uitvoerende komitee, wat die groeiende aantal arbeidsterapeute op die kontinent verteenwoordig.

Ashley Richardson ('n arbeidsterapie-student in sy tweede jaar) is verkies as voorsitter van die pas-gestigte Occupational Therapy Association of South Africa – Students (OTASA-S). Hierdie organisasie sal omsien na die belange van arbeidsterapie-studente op 'n nasionale grondslag, en help om 'n nuwe generasie van leierskap in die beroep te ontwikkel.

Hoosain, wat verkies is as die Tesourier van OTARG by sy jaarlikse kongres in Kigali, Rwanda hierdie jaar, het gesê dat sy opgewonde was om in haar nuwe posisie met arbeidsterapeute van dwarsoor Afrika te kan werk. Dit is die missie van OTARG om arbeidsterapie in Afrika te bevorder.

Haar taak sal bestaan uit die dag-tot-dag bestuur van die finansies van OTARG. “Dit sal my werk wees om rekords van die finansies te hou, en om alle inkomstes en uitgawes vir die volgende kongres in 2021 te bestuur. Die twee lande wat 'n bod ingesit het om as gashere vir die kongres op te tree, is Tanzanië en Namibië."

“Dit was werklik betekenisvol om kontak te hê met arbeidsterapeute van dwarsoor Afrika. Suid-Afrika speel 'n belangrike rol in die bevordering van arbeidsterapie op die kontinent, aangesien ons 'n lang geskiedenis het van arbeidsterapiepraktyk en ons het ook toegang tot bronne. Ons het baie om te leer van die ander Afrika-lande, veral in verband met hoe om arbeidsterapie meer spesifiek te maak vir onderskeie kontekste en ook om arbeidsterapie-onderrig en –praktyke te dekoloniseer."

Hoosain sê 'n ander mikpunt van OTARG is om interaksie tussen die arbeidsterapeute van verskillende Afrika-lande te fasiliteer. “In samewerking met die Wêreld Federasie van Arbeidsterapeute (World Federation of Occupational Therapists – WFOT), is OTARG ook betrokke by die stigting van arbeidsterapie-opleidingsfasiliteite in verskeie Afrika-lande."

Hoosain het gesê dat die nuwe uitvoerende komitee van OTARG 'n diverse verteenwoordiging behels van verskeie Afrika-lande – met voorsitter dr Matumo Ramafikeng van Lesotho en ander lede van Kenia, Namibië, Nigerië, Ghana en Uganda.

“Dis 'n jong en dinamiese komitee en ons werk goed saam."

“Ek sien uit daarna om selfs verder te help met die ontwikkeling van arbeidsterapie in Afrika. Dit is 'n voorreg om dit te doen. Ek glo ook dat ons baie kan leer van ander Afrika-lande in verband met 'n verskeidenheid van vraagstukke."

Richardson het gesê dat, as voorsitter van OTASA-S, sy verantwoordelik sal wees vir die algehele funksionering van die organisasie.

“Basies sal my werk daaruit bestaan om arbeidsterapie-studente te verteenwoordig. En om voorbrand te maak vir die studente-groep – en om seker te maak dat hulle stemme gehoor word by die vergaderings van die "moeder"-organisasie. Ek sal vergaderings beplan en bestuur, en ook kommunikasie tussen OTASA en die studente-tak bestuur."

Richardson het gesê dat sy opgewonde was om deel te wees van die student-groepering. “Ek is passievol oor arbeidsterapie, so dit beteken vir my baie om die beroep op 'n studente-vlak te kan verteenwoordig. Daar is geweldig baie ruimte vir die ontwikkeling van die beroep, en om te skakel met studente van ander universiteite. Daar is so 'n wonderlike filisofie agter arbeidsterapie. Dis so 'n holistiese manier van kyk na gesondheidsorg. Dit is 'n ontluikende beroep en daar is groot kapasiteit vir verandering en ontwikkeling."

Professor Nicola Plastow, Mede-Professor en Hoof van die Afdeling Arbeidsterapie, het die volgende te sê gehad: “Ons is verheug oor Munira se aanstelling tot die uitvoerende komitee van OTARG. Hierdie aansteling sal ons bande versterk met die groeiende aantal arbeidsterapeute en arbeidsterapie-programme oor die Afrika-kontinent.

“Ashley Richardson se aanstelling as die voorsitter van die nuut-gestigte studente-tak van die Arbeidsterapievereniging van Suid-Afrika (OTASA-S) is belangrik omdat dit 'n stem verleen aan die unieke behoeftes van arbeidsterapie-studente in ons land. Ashley se aanstelling sit die toewyding voort van ons Afdeling tot die ontwikkeling van arbeidsterapie in Suid-Afrika, en dit is 'n uitstekende geleentheid om 'n nuwe generasie van leiers te help ontwikkel."


Bannier-onderskrif: Me Munira Hoosain.

Insetsel-onderskrif: Me Munira Hoosain (tweede van regs) saam met die Occupational Therapy Africa Regional Group (OTARG) se uitvoerende komitee in Kigali, Rwanda.