Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US wil verskil maak met nuwe navorsingsverslag
Outeur: Asiphe Nombewu/ Corporate Communication
Gepubliseer: 16/08/2019

​Die jongste uitgawe van die bekroonde publikasie Navorsing by die Stellenbosch Universiteit van die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) aan die Universiteit Stellenbosch (US) is vandeesweek amptelik bekendgestel.

Die tema van vanjaar se uitgawe is een van die US se kern strategiese temas uit sy Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024: Navorsing vir Impak. Navorsing vir impak by die US beteken die optimalisering van die wetenskaplike, ekonomiese, sosiale, vakkundige en kulturele impak van die instelling se navorsing. 

Van die baanbrekersnavorsingonderwerpe wat in hierdie pronk publikasie gedek word, fokus op natuurlike hulpbronne, fisika, polimeer, stedelike stelsels, epidemiologie, posttraumatiese stres, demokrasie, waardigheid, ekonomie, gelykheid, geslag, menseregte en transformasie.

Prof Eugene Cloete, die US se Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, het by die bekendstelling gesê die Universiteit is verbind tot in basiese en dissiplinêre navorsingsuitnemendheid, aangesien dit as grondslag vir toegepaste en betekenisvolle navorsing dien.

Hy het gesê die Universiteit het vyf strategiese navorsingsterreine uitgelig wat rigtinggewend vir die volgende paar jaar se navorsingsagenda sal wees. Hierdie terreine maak die hoofstukke van die publikasie uit: Die Natuurlike Omgewing, Maatskaplike Geregtigheid en Ontwikkeling, Gesondheid- en Menslike Sekerheid, Menslike Kreatiwiteit en Maatskaplike Innovasie, en Stelsels en Tegnologie vir die Toekoms.

Dr Therina Theron, Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie aan die US, het gesê die instelling beweeg in hierdie uitgawe vorentoe om die volgende eeu van US-navorsing te betree. “Deur te bou op die navorsingsgrondslag wat oor die afgelope 100 jaar van ons bestaan gevestig is, wil ons 'n beduidende en positiewe verskil aan die samelewing maak deur ons navorsing oor die volgende dekades van ons bestaan as 'n navorsingsintensiewe universiteit van wêreldgehalte."

Sy het ook genoem dat die US reeds 'n ongelooflike diverse navorsingsportefeulje oor sy tien fakulteite opgebou het. “Van ons huidige sterkpunte in navorsing word deur individuele navorsers wat as wêreldleiers in hul vakgebiede geag word, verteenwoordig, terwyl ander deur groot interdissiplinêre inisiatiewe verteenwoordig word," het sy verduidelik.

Die bekendstelling van die navorsingsverslag het ook aanleiding gegee tot 'n nuwe reeks navorsingslesings, wat as 'Voorwaarts met Navorsingsimpak' bekendstaan. Die ANO en die Stellenbosch Universiteitsmuseum sal die lesings as deel van die museum se 'Vorentoe Vrydae'-program aanbied.

Die middaguurgesprekke, wat by die Stellenbosch Universiteitsmuseum oor middagete gehou sal word, sal op die Universiteit se kern strategiese tema van Navorsing vir Impak fokus.