Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#WomenofSU: Kontak- en kliëntedienssentrum
Outeur: Corporate Communication
Gepubliseer: 06/08/2019

​Om die publiek te help om antwoorde op hul vrae rakende die Universiteit Stellenbosch te vind, of oplossings vir hul probleme, is 'n taak wat aan 'n span hoogsopgeleide konsultante by die Universiteit Stellenbosch se kontak- en kliëntedienssentrum toevertrou is. 

Van die begeleiding van studente deur hul aanlyn aansoekproses tot die verskaffing van inligting oor registrasie of gelde, is die lewe van 'n konsultant veeleisend en vinnig. Maar die span, wat vanjaar hul tiende bedryfsjaar vier, laat die US se vlag wapper en hulle lewer 'n eiesoortige en transformerende kliëntedienservaring.

As deel van die US se vierings vir Vrouemaand, het die vroue wat lede is van hierdie dinamiese span, vir ons 'n blik op hul lewe in die kontak- en kliëntedienssentrum gegee.

Wat maak jul afdeling dinamies?

Ons afdeling bestaan uit 'n groep jong en dinamiese individue wat altyd bereid is om daardie tweede myl te loop om die publiek te help. Omdat ons uit verskillende kulturele agtergronde kom, help dit ons om die uiteenlopende studentebevolking asook die ander lede van die publiek met wie ons daagliks werk, te verstaan.

Die kontak- en kliëntedienssentrum is ook 'n veilige en koesterende ruimte en ons sorg vir en ondersteun mekaar as kollegas. ​

Die kontak- en kliëntedienssentrum is dikwels die publiek se eerste kennismaking met enige organisasie. Gevolglik speel konsultante 'n belangrike rol – nie net om inligting of bystand te verskaf nie, maar hulle word ook as handelsmerkambassadeurs gesien. Hoe beskou jy jou rol as handelsmerkambassadeur vir die US?

Cecile Theys: My rol as US-handelsmerkambassadeur is om te verseker dat almal 'n positiewe ervaring met die US het. Ek wil hê dat mense wat met die Universiteit in verbinding tree, 'n oplossing vir hul probleem vind en gemoedsrus het.

Sheena Overmeyer: Ek was nog altyd 'n ambassadeur vir die Universiteit – in my persoonlike hoedanigheid as 'n student, en nou is ek opgewonde daaroor dat ek dit in 'n professionele kapasiteit ook kan doen. Ek wil hê mense moet opgewonde wees oor die US; ek wil lede van die publiek besiel wanneer ek hulle help.

Estie Munro: Ek beskou my rol as US-handelsmerkambassadeur as baie belangrik – elke keer as ek die telefoon beantwoord of op 'n e-pos reageer, verteenwoordig ek die Universiteit. Daarom strewe ek daarna om mense vinnig en op 'n vriendelike manier te help.

Sindiswa Jamba: Ek geniet my rol omdat ek die eerste mense is met wie baie mense in aanraking kom wanneer hulle met die US te doen kry. Mense wil na geluister word, en dit is waarmee ek die beste is.

Watter van bemoedigende boodskap het jy vir Suid-Afrikaanse vroue?

Cecile Theys: Ongeag van waar jy jouself bevind, is daar altyd 'n geleentheid om te groei en te verbeter.

Estie Munroe: Werk hard en bly gefokus.

Sheena Overmeyer: Opvoeding is baie belangrik en kan net tot jou voordeel strek in die toekoms. Werk hard!

Sindiswa Jamba: Hou altyd aan om te glo, want jy is dit werd!

 

  • Die kontak- en kliëntedienssentrum kan jou telefonies in Engels, Afrikaans, isiXhosa en isiZulu bedien. Indien jy per e-pos, web of sosiale media met hulle in aanraking wil kom, sal daar in Engels en Afrikaans op jou navraag gereageer word.

 

  • Maandag tot Vrydag
    Tyd: 08:00 tot 16:30
    Tel: +27 21 808 9111
    E-pos: info@sun.ac.za

Die sentrum maak deel uit van die Afdeling Studentetoegang.

ONDERSKRIF: Sindiswa Jamba, Cecile Theys, Sheena Overmeyer and Estie Munro