Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNFin haal ’n eerste mylpaal!
Outeur: Mr Manie Lombard – Chief Director: Finance/ Mnr Manie Lombard – Hoofdirekteur: Finansies
Gepubliseer: 30/07/2019

Die SUNFin Implementeringsprojek het ’n eerste mylpaal in Junie bereik toe die CPA-werkswinkels ten opsigte van die wolkbelyningsproses afgehandel is.

Die SUNFin Projekspan wat saamgestel is uit verteenwoordigers vanuit Finansies, Informasietegnologie, MH, Fakulteitsbestuur en Fasiliteitsbestuur het 'n  goeie basisbegrip gevorm  in die wyse waarop die nuwe finansiële stelsel werk, en hoe huidige besigheidsprosesse  aangepas moet word ten einde die nuwe stelsel suksevol te implementeer.

Een van die sleuteluitsette van die CPA-werkswinkels  is 'n lys met aksies en besluite vir sowel die US  as Visions Consulting.  Die projekspan het op die aksiestappe-en-besluitelys, voorkeur aangedui van  die werkstelle wat ter voorbereiding uitgevoer moet word sodat Visions Consulting Iterasie 1, ʼn eerste konfigurasie van die Oracle Cloud Financials-sagteware, kan opstel. Daar word beplan om teen die einde van Augustus 2019 met opstelling te begin.

Die SUNFin Projekspan het gedurende Julie 'n aantal nuwe werkstrome gemobiliseer wat daarop sal fokus om die werkstelle wat met die oog op Iterasie 1 voorkeur moet geniet, af te handel. Dit sluit die volgende in: besigheidsoptimering, stelselintegrasie, databestuur, opleiding, toetsing en verslagdoeningsvereistes. Die werkstroomspanne is verteenwoordigend van die fakulteite en  relevante afdelings binne die US.

In Augustus en September fokus die SUNFin-werkstrome  op die werk wat verrig moet word om Iterasie 1 van die SUNFin-stelsel met US data, te lewer. In Oktober kry die span die geleentheid om Iterasie 1 te hersien. Verskeie terugvoersessies word voor die einde van die jaar beplan om ʼn opdatering aangaande die projek en 'n oorsig  van Iterasie 1 aan 'n breër groep belanghebbers te verskaf.

Die res van 2019 sal toegewy word  aan die verfyning van Iterasie 1, die opruim van data en die herontwerp van besigheidsprosesse.   

Die opstelling van Iterasie 2 van die SUSNFin-stelsel word vir Februarie 2020 beplan. Iterasie 2 behels 'n meer omvattende weergawe van die finansiële stelsel, wat integrasie met bestaande stelsels sal insluit.

Vir meer inligting oor die SUNFin Implementeringsprojek, besoek gerus www.sun.ac.za/sunfin.

Rig asseblief enige navrae, opmerkings of bekommernisse wat u oor die SUNFin Projek mag hê per e‑pos aan sunfin@sun.ac.za