Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AFRICAN SUN MeDIA beveg armoede en ongeletterdheid op Mandela-dag
Outeur: AFRICAN SUN MeDIA
Gepubliseer: 18/07/2019

In 'n poging om 'n positiewe impak op die samelewing te maak en om lewens te verander, lei AFRICAN SUN MeDIA 'n projek om gratis bundels te verskaf om gebruik te word vir die onderrig van kinders wat vasgevang is in armoede in die informele nedersettings in en om Stellenbosch. Die hoofdoel is om die kringloop van armoede te verbreek wat hierdie gemeenskappe al vir generasies vasgevang hou. Die verkose pad om dit te doen is deur die bevordering van geletterdheid, wiskunde- en wetenskapsvaardighede.

Ons wil akademiese en studenteverenigings van die Universiteit Stellenbosch aanmoedig om betrokke te raak en om voetsoldate te wees in die oorlog teen armoede en ongeletterdheid op hierdie baie belangrike dag van die internasionale kalender – Mandela-dag. Mandela se woorde is 'n gepaste aansporing: “A good head and a good heart are always a formidable combination, but when you add to that a literate tongue or pen, then you have something very special".

In vennootskap met die Universiteit Stellenbosch, wat die vrywilliger-studente en tutors sal voorsien om die veldtog van stapel te stuur, sal ARICAN SUN MeDIA die bundels ontwikkel, ontwerp en druk sodat die minderbevoorregte leerders doeltreffend die geletterdheidskrisis die hoof kan bied.

“Die inisiatief is vandag, 18 Julie, geloods om 'n formidabele Suid-Afrikaner te eer op wat vandag sy 101ste verjaarsdag sou vier. Die inisiatief sal 'n volhoubare en voortgesette vennootskap tussen AFRICAN SUN MeDIA en die Universiteit Stellenbosch wees," sê Nirode Bramdaw, Besturende Direkteur van AFRICAN SUN MeDIA.

Koos Ligtenberg, die Afdelings Direkteur van Bytes Document Solutions, merk op, “Ons is verheug om met AFRICAN SUN MeDIA hande te vat op hierdie baie eerbare onderneming wat poog om die lewens van die minderbevoorregtes in die samelewing te verander. Daarom skenk ons die drukwerk vir hierdie filantropiese poging. Dit sal goed inskakel by ons mede-donateurs wat goedgunstiglik papier geskenk het vir die projek."

“Afgesien van die kerndoelwit om armoede te beveg deur geletterdheid, voeg hierdie inisiatief deur AFRICAN SUN MeDIA verskeie en wisselende pogings van die fakulteite binne die universiteit saam sodat die impak wat ons maak, geteiken en volhoubaar is," sê Dr Gillian Arendse, Adjunk Direkteur, Sentrum vir Studentewerwing en Beroepsadvies.

Studente, tutors en akademici wat graag betrokke wil raak by die program kan uitreik via sosiale media kanale of e-pos.

​Byskrif: Die bekendstelling van AFRICAN SUN MeDIA se 'Township Reader Campaign (TRC)' vir Mandela-dag saam met die Universiteit Stellebosch se Dr Gillian Arendse, Adjunk Direkteur, Sentrum vir Studentewerwing en beroepsadvies, Nelda Titus, 'n AFRICAN SUN MeDIA bestuurder, en filantroop, Koos Ligtenberg, Afdelings Direkteur van Bytes Document Solutions, en AFRICAN SUN MeDIA se Besturende Direkteur, Nirode Bramdaw.