Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AFRICAN SUN MeDIA Mandeladag Boekdonasieveldtog
Outeur: AFRICAN SUN MeDIA
Gepubliseer: 15/07/2019

AFRICAN SUN MeDIA reël 'n boekdonasieveldtog in aanloop tot Mandeladag – die veldtog sal tot 12 Augustus 2019 van stapel gestuur word. Swart houers is by AFRICAN SUN MeDIA se kantore in Admin A geplaas waar ou en nuwe boeke (vir lesers 7-18 jaar) geskenk kan word. Hierdie kan insluit:

  • Kinderliteratuur
  • Jong-volwasse boeke
  • Woordeboeke
  • Inkleurboeke
  • Prentjieboeke
  • Boeke wat gebruik kan word vir die leer van lees/skryf/tel
  • Skryfbehoeftes

Alle donasies sal geskenk word aan ʼn verskeidenheid minderbevoorregte skole en gemeenskappe in die Stellenbosch area. Jou deelname sal hoog op prys gestel word. Byvoorbaat dank vir jou gewilligheid om hierdie inisiatief te ondersteun en om te help om geletterdheidskrisis in Suid Afrika te verbeter.