Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties gaan ʼn impak maak tydens Verwelkomingsweek
Outeur: Division for Social Impact
Gepubliseer: 28/01/2019

Meer as 5 000 nuwe Matiestudente gaan die geleentheid kry om deel te neem aan die jaarlikse Sosiale Impak Gemeenskapsoggend by die Universiteit Stellenbosch (US) op Donderdag, 31 Januarie 2019. Die studente gaan besoek bring aan verskeie projekte vir sosiale impak in en om Stellenbosch en die Tygerberg-area (waar die Tygerberg-kampus geleë is) en aan ʼn verskeidenheid aktiwiteite deelneem.

Die Sosiale Impak Gemeenskapsoggend vorm deel van die Verwelkomingsprogram en bied geleentheid aan nuwelinge om met die vennote in hul voorgenome gemeenskapsinisiatiewe te skakel. Die Gemeenskapsoggend skakel goed in by die Universiteit se 2040-visie, naamlik waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder en doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke, met onder andere, die omliggende gemeenskappe van die US bou. 

Die doel van die Gemeenskapsoggend is om te verseker dat nuwelinge betekenisvolle bande met gemeenskappe buite die US kan vorm om saam te werk aan gemeenskaplike vrywilligersprojekinisiatiewe wat deur die jaar geïmplementeer sal word. Die fokus is ook op die deel van innoverende idees en oplossings rakende die uitdagings wat deur gemeenskapsvennote geïdentifiseer is.

Studente word genooi om deel te vorm van ʼn gestruktureerde vrywilligersprogram wat deur Matie Gemeenskapsdiens – ʼn NRO gesetel in die Afdeling Sosiale Impak – bestuur word.

Buiten steun wat aan die verskillende inisiatiewe gebied word, het studente die volgende vaardighede gelys wat deelname aan die program meebring:

  • Ontwikkeling van ʼn selfbewussyn en interpersoonlike vaardighede
  • Begrip van die konsepte en beginsels van gemeenskapsbetrokkenheid
  • Begrip van leierskap in konteks en aktiewe betrokkenheid by die vorming van gemeenskapsvennote.

Hierdie jaar gaan studenteverenigings saam met die koshuise en privaat wyke aan die aktiwiteite deelneem. Alhoewel sommige aktiwiteite eenmalige besoeke is, is ander geleenthede waarby studente deur die jaar heen betrokke kan wees.

Erica en Huis ten Bosch sal byvoorbeeld die Ark Educare Centre besoek, waar nuwelinge in verskeie aktiwiteite met leerders sal skakel.

Die privaat studente-organisasie (PSO) Olympus gaan saam met Rise Against Hunger werk vir ons Gemeenskapsoggend, en sal 10 000 maaltye vir hul inisiatiewe pak by Simonsberg koshuis. Hulle het ook aangebied om nog 10 000 maaltye aan die Move for Food-inisiatief te skenk. Move for Food is ʼn inisiatief wat fokus op die skep van volhoubare voedselbanke vir studente wat dit by die US benodig.​

Al het die Tygerberg-kampus se akademiese program reeds begin, is nuwelingstudente ook by verskeie inisiatiewe vir sosiale impak betrokke. Hier fokus Osler, ʼn PSO, op die verbetering van die omgewing in Tygerberg Hospitaal. Die koshuis Huis Francie van Zijl gee erkenning aan die belang van onderwys en sal ʼn laerskool besoek. Aktiwiteite sluit in die skep van ʼn kampusgroentetuin en besoeke aan die ouetehuis en MES Nagskuiling.

  • Skakel met Michelle Pietersen (Stellenbosch-kampus) by tel. 021 808 3643 en Avril Whate (Tygerberg-kampus) by tel. 021 938 9310 vir meer inligting.

Program


​Stellenbosch-kampus Gemeenskapsoggend 2019
Koshuis/WykGemeenskapsvennoot Aktiwiteit
AcademiaJessie Keet CrècheDie leerders by die Jessie Keet Crèche sal bederf word met ʼn pretaktiwiteit en heerlike eetgoed. Academia-studente sal hulself aan die kinders voorstel, en dit sal hopelik ʼn betekenisvolle begin wees vir hul verhouding vir die jaar se projek.
Aristea PSO & Pieke Laerskool Kayamandi Nuwelinge en Huiskomitee-lede sal saam met die kinders aan sport en kunsaktiwiteite op die Coetzenberg-velde deelneem. 
Aurora PSO & HelderbergOp kampus Studente sal in groepe geplaas word; elke groep sal dan plastiekbottels op die kampus versamel. Die groep wat die meeste bottels versamel, sal ʼn prys wen, en ná die tyd sal eerstejaars blikke van die bottels bou. Hierdie blikke sal gebruik word om plastiek deur die jaar te herwin. Ongeveer 320 eerstejaars word verwag.
Capri PSOStrand Seniors en nuwelinge sal die strand-area in die Strand opruim. Ná die tyd sal ʼn piekniek gehou word en strandspeletjies verbonde aan ʼn tema sal gespeel word. 
Erica & Huis ten BoschArk Educare CentreHuis ten Bosch sal kinders van die Ark as gaste ontvang. Hulle sal aan sport, speletjies en ander opvoedkundige aktiwiteite deelneem. Hulle sal ook maskers van papierborde versier. 
Erica & DagbreekThe Ark City of RefugeNuwelinge sal die Ark besoek, waar hulle aan verskeie aktiwiteite met die kinders sal deelneem.
Eendrag & LydiaLaerskool Rietenbosch Nuwelinge sal aan graad 1-leerders bekendgestel word, met wie hulle deur die jaar aan die projek sal deelneem. Die oggend sal begin met almal wat saam ʼn dansie leer. Die kinders sal in groepe verdeel word en deur verskillende aktiwiteite roteer.
 
Equite PSO & Huis Marais
Strand Nuwelinge sal ʼn swart sak en handskoene kry om rommel op die strand-area in die Strand op te tel. Gemeenskapsvennote sal ook die geleentheid kry om met mekaar te skakel.
Goldfields & Huis Visser

Laerskool St Idas

Stellenbosch Diereskuiling

Studente sal gevra word om elkeen een boek te bring, wat aan die laerskool geskenk sal word. Voor die insameling sal daar ʼn kort aanbieding wees oor die hoofprojek vir sosiale impak vir 2019. Studente sal die opsie gegee word om die Stellenbosch Diereskuiling te besoek om met die diere te speel.
Harmonie & Oude Molen PSO

Op kampus

 

Studente sal saam met die laerskoolleerders van Weber Gedenk Laerskool aan verskillende aktiwiteite deelneem.
Heemstede

AWSS

Vision Afrika

AWSS:
Studente sal help om die diere te voer en met hulle te stap.

Vision Afrika:
Studente sal help met skoolwerk en klasse waar nodig. Hulle sal ook aan verskeie aktiwiteite saam met die kinders deelneem.

Helshoogte & Serruria
 

Stellenbosch Nagskuiling

Jeuguitreiksentrum

Die helfte van die studente sal agterbly om toebroodjies by die koshuis te maak, terwyl die ander helfte tyd met die jongmense by die Jeuguitreiksentrum sal deurbring.
Huis Neetling & VenustiaStellenbosch Nagskuiling ʼn Inligtingsessie sal deur ʼn gemeenskapsvennoot aangebied word oor hoe om by die Nagskuiling betrokke te raak. 
IreneStellenbosch Nagskuiling ʼn Toebroodjie-veldtog sal by Irene gehou word. Hierdie toebroodjies sal aan die Nagskuiling geskenk word. Nuwelinge sal in groepe verdeel word om koepons vir die Nagskuiling in die dorp en op die kampus te verkoop.
Majuba & MinervaHanna Stigtingʼn Groep van 60 kinders van die Hanna Stigting sal na die Jan Marais-park geneem word. Hulle sal in groepe van drie verdeel word, en sal tussen stasies met verskillende aktiwiteite roteer. Hierna sal die kinders eetgoed kry en aan vryspel met die eerstejaars en Huiskomitee-lede deelneem.
Metanoia

9Miles-projek

Hoërskool Beacon Hill

Hoërskool Silverstream 

Erfenissentrum

Hospieswinkel, Stellenbosch

Nuwelinge sal in drie groepe van ongeveer 70 studente elk verdeel word. Die aktiwiteite sal as volg wees:

By Metanoia:
Studente sal hoërskoolleerders van Kaapstad asook kinders van die 9Miles-projek verwelkom. ʼn Motiveringspraatjie sal gelewer word, gevolg deur ʼn pretdag.

Erfenissentrum:
Die studente sal die Erfenissentrum besoek en instandhouding doen, soos vensters was, vee, ens.

Hospieswinkel, Stellenbosch:
Studente sal help om skenkings te sorteer.

Monica & WilgenhofStrand Studente sal help om die strand-area in die Strand op te ruim.
Nemesia & SimonsbergIkaya-pretdag Studente sal saam met kinders van die gemeenskap aan verskeie sportaktiwiteite deelneem.
Nerina

Maties PAW

Hanna Stigting

Serendipity-projek

Studente sal op die dag tussen hierdie drie aktiwiteite roteer:

Maties PAW:
Die voorsitter sal ʼn kort toespraak oor die organisasie lewer, waarna die studente met hondjies en katjies sal speel.

Hanna Stigting:
Studente sal met kinders aan verskeie aktiwiteite by drie verskillende stasies deelneem.

Serendipity-projek:
Suzanne Loots sal ʼn kort toespraak oor haar projek lewer, waarna studente 'kreatiewe skeppings' sal maak (kaartjies met boodskappe van liefde en inspirasie).

Olympus PSORise Against HungerStasies met verskillende bestanddele sal opgestel word om maaltye te verpak en vrywilligers sal help om die maaltye te maak en in bokse te verseël en te pak. 
Silene & Vesta Bricks for youth Vier groepe sal geroteer word om rommel op te tel, eko-stene te maak, by die herwinstasie te werk en buite te speel.
Sonop

Stellenbosch Nagskuiling

Ouetehuis

Studente sal deelneem aan ʼn toebroodjie-veldtog vir die Nagskuiling en die ouetehuis in Stellenbosch besoek. Studente sal ook partytjiepakkies met persoonlike boodskappe vir die personeel se kinders maak om positiwiteit te versprei.

 

 

 
Tygerberg-kampus Gemeenskapsoggend 2019

Koshuis/Wyk/Komitee

Gemeenskapsvennoot

Aktiwiteit

 

Kerkenberg & Osler PSO

 

Tygerberg Hospitaal-buitepasiënte

Studente sal aan ʼn toebroodjie-veldtog deelneem en die toebroodjies na pasiënte neem wat in buitepasiënt-departemente wag.

 

Francie van Zijl

 

Laerskool Kalkfontein

ʼn Paar aktiwiteite sal met graad 6/7-leerders gedoen word. Die doel is om leerders aan te moedig om aktief te bly en ʼn gesonde lewenstyl te hê.

 

Hippocrates

 

Tygerberg-kindersale

Studente sal kindersale by Tygerberg Hospitaal besoek en vir die kinders lees om ʼn liefde vir lees aan te moedig.

 

Meerhoff

 

MES Nagskuiling

Studente sal help om groen bokse/kratte te bou wat by die Nagskuiling gebruik sal word om groente te kweek.

 

MGD-komitee

 

Sarepta Ouetehuis

Studente sal met inwoners skakel, speletjies speel en pedikure gee. ʼn Ander groep studente en inwoners sal in die tuin werk.

 

Volhoubaarheidskomitee

 

Tygerberg-kampus

Studente sal aan die groen plan vir die kampus werk. Hulle sal groentetuine skoonmaak en nog tuine maak vir studente met behoeftes aan kos.