Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US stap weg met 33 MACE-uitnemend-heidstoekennings
Outeur: Corporate Communications Division
Gepubliseer: 06/12/2018

​Die Universiteit Stellenbosch (US) is weer in verskeie kategorieë vir uitnemendheid vereer by die prysuitdeling van MACE (Marketing, Advancement and Communication in Education), wat jaarliks met dié organisasie se kongres saamval. Die geleentheid het op 29 November op die Nitida-wynlandgoed buite Durbanville plaasgevind. Die US het altesaam 33 toekennings ontvang.

Die US se Afdeling Korporatiewe Kommunikasie, wat 32 inskrywings ingedien het, het 23 toekennings ontvang, naamlik 14 brons, agt silwer en een goud. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, US Internasionaal en die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge het op hulle beurt drie brons, een silwer en ses goue toekennings ingepalm.

Research@SU100 het nie net 'n platinumtoekenning ontvang nie (een van slegs drie landwyd), maar ook die voorsitterstoekenning vir uitnemendheid, 'n gesogte eerbewys vir 'n enkele inskrywing wat as toonbeeld van ware uitnemendheid in bemarking, bevordering of kommunikasie dien.

mace winners.png

“Geluk aan ons kollegas in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, US Internasionaal en die Afdeling Navorsingsontwikkeling met hulle toekennings. En welgedaan aan die span van Korporatiewe Kommunikasie – ons 32 inskrywings het 23 toekennings opgelewer," sê die direkteur: Kommunikasie en Belanghebberverhoudings van Korporatiewe Kommunikasie, me Susan van der Merwe.

Die MACE-uitnemendheidstoekennings erken en vier uitnemendheid en die prestasies van kommunikasiespesialiste en -praktisyns in die hoëronderwyssektor.

“Enige vorm van erkenning van die hoëronderwyssektor vir uithalerwerk deur Korporatiewe Kommunikasie en ander afdelings aan die US is 'n hupstoot vir die moreel, en 'n inspirasie vir ons spanne. Tog strek die strategiese en bedryfswaarde van die MACE-uitnemendheidstoekennings ook veel verder as dít," voeg Van der Merwe by.

“Elke inskrywing moet vergesel word van voorleggings oor die beplanning en denkprosesse agter 'n projek, die uitvoering van die projek, bewyslewering van hoe dit met institusionele en afdelingstrategieë strook, sowel as hoe projeksukses gemeet is. Al hierdie stappe hou verband met hoe 'n mens sulke inisiatiewe behoort te benader, so elke inskrywing is eintlik 'n leergeleentheid en bied insigte in hoe om 'n volgende projek aan te pak," verduidelik sy.

“Die beoordelaars se terugvoering is uiters waardevol vir professionele loopbaanontwikkeling. Die uitnemendheidstoekennings bied ons ook 'n geleentheid om ons werk met dié van ons eweknie-instellings te vergelyk," sê Van der Merwe.

IMG_6416.JPG
2D1A5746.JPG













Foto van personeel by FGGW                                          Foto van personeel by Korporatiewe Kommunikasie


MACE is 'n lidmaatskapgebaseerde organisasie wat 'n leiersrol in die sektore vir hoër onderwys, tegniese beroepsonderwys en -opleiding sowel as privaat onderwys in Suider-Afrika vervul. Die organisasie streef na waardetoevoeging vir praktisyns op die gebied van bemarking, bevordering en kommunikasie deur ontwikkelingsprogramme van gehalte aan te bied, netwerkvennootskappe en transformasie te fasiliteer, en beste praktyk in hierdie beroepe onder sy lede te bevorder.

Die US se toekennings:

BRONS

  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/fotografie: Life@stellenboschuni – fotografie
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/fotografie: US-eredoktorsgrade
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/fotografie: Foto's van bestuurslede in jaarverslag
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/fotografie: Acuns
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Media/digitale tydskrifte en nuusbriewe: Life@Stellenbosch
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Media/digitale tydskrifte en nuusbriewe: Nuusbrief oor Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Veldtogte: Denkleiers – #WomenofSU
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Veldtogte: #HelloMaties
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/skryfwerk vir nuusmedia: Slimfone lei studente se aandag af tydens lesings
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Veldtogte: Die kommunikasie van wetenskap aan die publiek
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Veldtogte: #NolimitSU
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Veldtogte: Skep môre se innoveerders vandag
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/skryfwerk vir nuusmedia: US gee plaaslike ekonomie groot hupstoot
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/skryfwerk vir nuusmedia: Uitsonderlike internasionale eer vir US Botaniese Tuin
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Digitale media: Geïmproviseerde e-posnuusbrief
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Media/digitaal: Vivus-nuusbrief
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Veldtogte: Hou Tygerberg veilig

SILWER

  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Mediawebtuistes: Eeufeeswebtuiste
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Algemene veldtogte: #WOMENOFSU-videoreeks
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Algemene veldtogte : Tampontaks
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/videografie: Uitnodiging – Taaldag
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/skryfwerk: Eeufeesnarratief
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/skryfwerk: Brandstofheffing dalk binnekort iets van die verlede
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Gedrukte media: Eeufeesuitgawe van Matieland 2018
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Veldtog: #Matievoices
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Gedrukte media: FGGW-jaarpublikasie

GOUD

  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Gedrukte media: Matieland 2017
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Media: US Internasionaal – sosiale media
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 3 – Vaardighede/videografie: Verwelkom die wêreld by die US
  • Voorsitterstoekenning vir uitnemendheid: Research@SU100 
  • Platinumuitnemendheidstoekenning: Gedrukte media: Research@SU100
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 1 – Veldtog oor gemeenskaps- en maatskaplike verantwoordelikheid: Loopbaankafee
  • Uitnemendheidstoekenning: Afdeling 2 – Mediageleenthede: Maties Tuiskoms