Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rektorstoekennings vereer 87 studente vir uitnemende prestasies
Outeur: Sandra Mulder/Corporate Communications Division
Gepubliseer: 12/10/2018

Die Universiteit Stellenbosch (US) het gisteraand (11 Oktober) 87 studente wat presteer het in areas wat wissel van die akademie tot ko-kurrikulêr vlak by die jaarlikse Rektorstoekennings vir Uitnemende Prestasie  vereer.

Prof Wim de Villiers, US Rektor en Visekanselier, het by die geleentheid gesê dat hierdie toekenningseremonie 'n belangrike hoogtepunt op die Universiteit se kalender is, veral omdat vanjaar  die SU se Eeufeesjaar is.

 


"In 2018 reflekteer ons oor die verlede en lesse geleer en ons gaan vorentoe. Een van ons temas is ook om 'n transformerende studente-ervaring te bied. Ons wil verseker dat die Universiteit toeganklik is vir alle studente en hulle dan in staat stel om sukses te behaal. Ons wil toegang sowel as sukses bied," het De Villiers gesê.

Dr Wynoma Michaels, wat die Studenteraad (SR) se toekenning vir uitsonderlike alumni van die uittredende SR-voorsitter, Lwando Nkamisa, ontvang het, was die gasspreker.

Michaels was in 1998 met die meerderheid stemme as die eerste bruin SR-voorsitter verkies. In dié jaar was die vroulike SR-lede ook vir die eerste keer in die meerderheid en het nege van die 15 lede uitgemaak.

 Sy  is tans 'n besigheids- en bestuurskonsultant wat ondervinding as konsultant in die landbou- en voedsel- en drankbedryf, asook in die diensleweringsbedryf, opgedoen het. Sy het haar loopbaan as wetenskaplike begin en het 'n PhD in Polimeer Chemie aan die US behaal. Sy is nou die eienaar van onderneming Wynoma Michaels Consult.

In haar besielende toespraak het sy studente voorberei vir geleenthede en uitdagings wat  ná hul studies op hulle wag .  "Jy moet uitvind wat jou dryf en wat jou doelwit in die lewe is. Om doelgerig te lewe, gaan gewoonlik nie oor onsself nie. Dit gaan oor die lewe buite jou. Erkenning, sukses en bevordering is wonderlik, maar dit moet eerder net die produk van jou doelgerigtheid wees en nie die doelwit self nie.  Soeke na erkenning en bevordering kan ons van ons doelwit laat  afwyk. "

"Wanneer ons doelgerig leef, verander ons definisie van sukses; dan gaan dit nie net meer oor onsself nie, maar meer oor wie ons wil word  eerder as wat ons wil bereik," het Michaels gesê.

Sy het gemaan dat die grootste uitdaging wat voorlê as die   mark betree word, is om nie in 'n 'hamsterwiel' van meer promosies, groter salarisse, groter kantore, groter kliënte en groter motors vasgevang te word nie. "Ontspan. Ja, laat dit kom, maar moet dit nie ten koste van ons doelwit  wees nie. Moet hierdie dinge nie eerder 'n byproduk  van ons doel wees as ons doel self nie? "

Michaels het na haar toespraak staande applous van gaste ontvang.

Die volgende studente was die ontvangers van die US Medalje vir Top Magisterstudent: Michelle Eckert (Landbouwetenskap); Jessica Lee Staple (Lettere en Sosiale Wetenskappe), Maria de Man (Onderwys), Johann Pfitzinger (Ekonomiese en Bestuurswetenskappepe), Corinna Jeske (Geneeskunde en Gesondheidswetenskap), Johann Christiaan van der Walt (Ingenieurswese), Melise Steyn (Natuurwetenskap) Kerry-Terry Lam (Regte); Refilwe Maria Mahlaku (Militêre Wetenskap) en Juanita Greyvenstein (Teologie).

Die ander studente wat vir ko-kurrikulêre prestasies toekennings ontvang het, was:

Rektorstoekenning vir Uitstekende Sportprestasie: Lwazi Madi; Jacques Lloyd; Charmaine Baard; Stephanie Brand; Emma Chelius; Nicky Giliomee; David Bedingham; Keenan Horne; James Murphy.

Rektorstoekenning vir Uitnemende Bydrae tot Kultuur: Mercy Kannemeyer; Shaen Maré

Rektorstoekenning vir Uitnemende Sosiale Impak: Avuyile Mbangatha; Ben Moolman; Cailin Perrie; Ashleigh Purdon

Rektorstoekenning vir Uitnemende Dienslewering: Rabia Abba Omar; Eduard Beukman; Garrick Blok; Jeanine Botha; Lize-Mari Doubell

Rektorstoekenning vir Uitnemende Leierskap: Anthony Andrews; Wiann Bester; Chante du Plessis; Jauné Gouws; Nhlakanipho Mahagane; Fatima Ouiza Mazari; Lethiwe Mbatha; Ben Moolman; Tevarus Naicer; Eduard Roos; Victoria Thomas; Rhys Williams; Eduard Beukman.​

Dr Michaels se volle toespraak

 



Videograaf: Stefan Els​