Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studente in Satellietingenieurswese presteer op internasionale platform
Outeur: Prof Herman Steyn and Liesel Koch
Gepubliseer: 08/10/2018

Gabriël Roux en Jürgen Lüdemann, nagraadse studente in Satellietingenieurswese, het presteer by die IAC-2018 deur top toekennings te ontvang tydens die twee sessies waar kompetisies vir die studente-referate gehou is. Bykans 7 000 afgevaardigdes het die 69ste International Astronautical Congress (IAC) van 1 tot 5 Oktober 2018 in Bremen, Duitsland, bygewoon. Die Matiestudente het tydens die afsluitingseremonie sertifikate en medaljes ontvang. Van die ses internasionale studente op die podium, was twee van Universiteit Stellenbosch!

Gabriël Roux (studieleier: prof Herman Steyn) het die Britse Interplanetêre Genootskapsprys gewen vir die beste tegniese referaat: A Novel High-Performance Nanosatellite Attitude and Rate Sensor.

Jürgen Lüdemann (studieleier: Arno Barnard) het die tweede prys in die Nagraadse Kategorie (silwermedalje) gewen vir sy referaat: Sub-pixel image registration on an embedded satellite platform.

​Foto: Van links is Gabriël Roux en Jürgen Lüdemann, Matie Satellietingenieurswese nagraadse studente, wat top toekennings by IAC-2018 in Bremen, Duitsland, gewen het.