Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Suid-Afrika betaal 'n hoë prys vir disfunksionele plaaslike regering
Outeur: ​Dirk Brand, The Conversation
Gepubliseer: 04/09/2018

Die artikel, South Africa is paying a heavy price for dysfunctional local government, deur Dirk Brand, buitengewone senior dosent by die Skool vir Publieke Leierskap, Universiteit Stellenbosch, is in The Conversation van 3 September 2018 gepubliseer:

Suid-Afrika se minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr Zweli Mkhize, het onlangs 'n droewige prentjie geskets van die toestand van plaaslike regering. Dit behoort alle Suid-Afrikaners te bekommer, nie net diegene wat as gevolg van disfunksionele munisipaliteite ly nie.

In die begrotingsrede wat hy in Mei in die parlement gelewer het, het Mkhize gesê dat 87 munisipaliteite – sowat 'n derde van Suid-Afrika se totaal van 257 – “steeds disfunksioneel of benard" is. Hy het twee probleme geïdentifiseer. Een is sistemies en hou verband met die grootte en struktuur van munisipaliteite. Die ander is wanbestuur as gevolg van “politieke onstabiliteit of inmenging, korrupsie en onbevoegdheid".