Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
EBW-fakulteit vier vrouedag
Outeur: Corporate Communications/Korporatiewe Kommunikasie (Rozanne Engel)
Gepubliseer: 27/08/2018

"Ja, ons kan, ja ons het en ja ons sal." Dit was die inspirerende woorde en aanmoediging van dr Geraldine Fraser-Moleketi, kanselier van die Nelson Mandela-Universiteit, aan vroue by die Vrouefees-byeenkoms  wat op Vrydag 24 Augustus 2018 by die Universiteit Stellenbosch (US) plaasgevind het. Die geleentheid is deur die US se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) georganiseer.

Die fakulteit het invloedryke vroue aan die US en die breër Suid-Afrikaanse samelewing genooi om hul ervarings in hul reis na sukses te deel. Dié vroue het ook hul wysheid, deernis, veerkragtigheid, lojaliteit en passie vir die mensdom gedeel, wat ongetwyfeld tot 'n beter wêreld bydra.

Onder die ander gassprekers  was prof Thuli Madonsela, van die Leerstoel virMaatskaplike Geregtigheid aan die US, me Ntsiki Biyela, Maties-alumna en die eerste swart vrouewynmaker in Suid-Afrika, me Pulane Kole, Hoof: Sosio-ekonomiese Impakevalueringstelsels, in die Kantoor van die Presidensie, en prof Ingrid Woolard, Dekaan van EBW.

Die organiseerder van die geleentheid en EWB se Visedekaan vir Sosiale Impak en Transformasie, prof Pregala Pillay het gesê sy was baie tevrede met die lys van sprekers by die Vrouedag-viering. "Vroue het baie rolle in ons samelewing aangeneem en het ambassadeurs in verskillende velde geword ten einde ander vroue te help om suksesvol te wees. Maar mans kan ook 'n belangrike rol speel in die bevordering en bemagtiging van vroue in die samelewing," het sy gesê.

Die voortreflikheid en rol van vroue in alle fasette van die samelewing het verander. Daar was 'n tyd in die geskiedenis toe vroue vroeër beskou was as die bestuurder van die huishoudin g wat huishoudelike take verrig het en die hoofversorger van hul kinders was. Vandag het vroue 'n nuwe dimensie aangeneem deur industrieë wat deur mans beheer word te betree, ʼn balans tussen werks- en gesinslewe te handhaaf, terwyl hulle uitvoerende en professionele posisies in alle sektore en sfere beklee.

Stefan Els, Multimedia-koördineerder in die US se Afdeling Korporatiewe Kommunikasie, het die merkwaardige toesprake van al die invloedryke sprekers by die geleentheid op video vasgelê. Kyk na almal hier onder.

Prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie en Internasionalisering, het die openingsrede by die Vrouedagviering gelewer:

 


 Me Ntsiki Biyela, US-alumna en Suid-Afrika se eerste swart vrouewynmaker, deel haar storie:

 


 

Dr Geraldine Fraser-Moleketi, Kanselier van Nelson Mandela Universiteit, het 'n merkwaardige toespraak gelewer:

 


 

Prof Thuli Madonsela van die Leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid aan die US, deel haar suksesverhaal:

 


 

Me Pulane Kole, Hoof: Sosio-ekonomiese Impakevalueringsisteme, Kantoor van die Presidensie:​