Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoeke nou ingewag: Voltydse PhD beurse
Outeur: Tanja Malan
Gepubliseer: 14/08/2018

​Die Nagraadse Skool vir Lettere en Sosiale Wetenskappe is ʼn HOOP Projek-inisiatief in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe van die Universiteit Stellenbosch om doktorale opleiding en vakkundigheid in Afrika te versterk en te bevorder.

Meer as 200 doktorale studente van 18 Afrikalande, waaronder Suid-Afrika, het sedert 2010 vir hierdie beursprogram ingeskryf. Altesaam 114 het reeds suksesvol gegradueer, van wie 83% binne drie jaar of korter.

Geskikte kandidate met burgerskap van enige Afrikaland suid van die Sahara word genooi om aansoek te doen om voltydse doktorale beurse in die navorsingsprogramme van die Fakulteit. Die beurse ter waarde van R 420 000,00 elk dek drie studiejare met ingang van Januarie 2019.

Navorsingsamewerking, gesamentlike studieleiding en uitruilaksies sal aangemoedig word deur die Vennootskap vir Afrika se Volgende Generasie Akademici (PANGeA), wat uit die voorste universiteite in Afrika bestaan.

Verdere inligting oor die deels gestruktureerde doktorale beursprogram, geskiktheids- en keuringskriteria sowel as die aansoekproses is aanlyn beskikbaar by www.sun.ac.za/graduateschool.

DIE SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE IS 24 AUGUSTUS 2018.