Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AvOL 2018: Registrasies oop en finale program beskikbaar
Outeur: JP Bosman
Gepubliseer: 03/08/2018

Die jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) konferensie vind plaas van 29 - 31 Oktober 2018. Die tema van hierdie jaar se konferensie is Akademiese Leierskap.  Indien jy nog wil registreer vir die konferensie (gratis vir US akademici), let asseblief daarop dat die sluitingsdatum 22 Oktober 2018 is. Die finale konferensieprogram is op die webwerf beskikbaar.  Die konferensie vind plaas by die Lord Charles Hotel, Somerset Wes.

Die doel van die konferensie is om aan US akademici die geleentheid te bied om deel te neem aan gesprekke oor onderrigpraktyke en -filosofieë. Hierdie jaar se konferensie beloof om weereens 'n opwindende en leersame geleentheid te wees.
 
Om te registreer en die konferensieprogram te sien, besoek gerus die konferensiewebtuiste by 
http://www0.sun.ac.za/sotl/
 
Navrae:  sotl@sun.ac.za​​