Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Biblioteek- en Inligtingsdiens open Eeufeesuitstalling
Outeur: Corporate Communications Division
Gepubliseer: 31/07/2018


Die Biblioteek- en Inligtingsdiens aan die Universiteit Stellenbosch (US) het op Vrydag (27 Julie 2018) sy Eeufeesuitstalling geopen. Dit uitstalling bied 'n blik op die US se verlede en hede, en fokus op die Biblioteekdiens – gister en vandag, studentelewe – die gees van die tyd, en Maties sport – kampioene destyds, kampioene vandag. Met die uitsondering van enkele foto's is materiaal vir die uitstalling afkomstig vanuit die Biblioteek- en Inligtingsdiens se versamelings.

Prof Eugene Cloete, Viserektor vir Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die US, het in 'n toespraak by die opening van Eeufeesuitstalling die Biblioteekdiens geprys vir die ongelooflike ruimte, en absoluut pragtige uitstalling in die biblioteek.

LibraryMemoryWall-12.jpg

"Die biblioteek is eintlik 'n ruimte wat enige gaping tussen onderrig, leer en navorsing oorbrug. Die ander interessante ding van biblioteke is dat jy 'n student wie hier studeer wat net een boek kan afhaal van die rakke en hier uitloop met met 'n loopbaan. Dit is 'n wonderlike ruimte," het Cloete gesê.

Sommige van die foto's wat gebruik word by die uitstalling is hoofsaaklik geneem uit fotografiese versamelings wat in Spesiale Versamelings van Victoria Kollege en die US se fotoversamelings gehuisves word. Foto's is ook geleen van Matieland en ander publikasies wat in die biblioteek gehou word.

Een van fotoversamelings op uitstalling is dié van joernalis Gus Cluver. Hy was 'n Matie tussen 1932 en 1935 en sy foto's is onlangs gedigitaliseerd. Cluver was 'n student en redakteur van die liberale "Pro libertate"-studentepublikasie waarvan die oorspronklike in die Africana-afdeling van Spesiale Versamelings gehou word. Sy waardevolle fotoversameling gaan oor die studentelewe, asook student-liedjies.


Nog ʼn versameling met interessante foto's en inligting is die van JJ Smith, 'n formidabele taalkundige, wat diep spore in die geskiedenis van die US en Nasionale Pers getrap het. Hierdie versameling het gedetailleerde inligting oor die vroeë jare van die US wat ontstaan het uit Victoria-kollege. Tweetaligheid was selfs in daardie tyd 'n onderwerp waaroor gestoei is.  Smith was aangestel as professor in Frans en Duits aan die Victoria-kollege, maar ook die eerste professor in Afrikaans en Nederlands in 1918.


Die US Biblioteek vertoon ook foto's en skyfies van die jare toe die Rooiplein en die biblioteek gebou is.  Die meeste van hierdie fotomateriaal is gedigitaliseer. 'n QR-kode is geskep wat na 'n webblad van die uitstalling lei.