Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Video: 'Nuwe visie neem ons saam vorentoe'
Outeur: Stefan Els/Candes Keating/Corporate Communication
Gepubliseer: 24/07/2018

ʼn Videoboodskap deur Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, oor die instelling se nuwe Visie 2040, en die kern temas in die US se Strategiese Raamwerk 2019–2024:​

 
Mense met selfone klik hier

“Universiteite is instellings vir die eeue. Deur die jare het hulle van die wêreld ʼn beter plek help maak. Maar die wêreld verander vinnig, en ons moet óók aanpas of agterbly.

“Die afgelope paar jaar was ons roetekaart die Universiteit se Institusionele Voorneme en Strategie, wat vanjaar ten einde loop. Op hierdie fondament het ons nou voortgebou met 'n nuwe visie en strategiese raamwerk vir die toekoms.

“Ons mik hoog – ons wil 'Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder'.

Kern strategiese temas:

  • ʼn Transformerende studente-ervaring
  • Genetwerkte en samewerkende onderrig en leer
  • Navorsing vir impak
  • Doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke
  • Voorkeurwerkgewer
  • ʼn Florerende Universiteit Stellenbosch

“Wat in die wêreld gebeur, beïnvloed ons, en wat hier gebeur, is van belang vir die wêreld. Ons is almal deel van iets groter. Ons nuwe visie en strategiese raamwerk neem ons saam vorentoe … masiye phambili … forward together."

Besoek www.sun.ac.za vir meer inligting.​