Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Baie poste kan binnekort geoutomatiseer word, en SA is nie gereed nie
Outeur: ​Daniel B le Roux, USB
Gepubliseer: 18/07/2018

Die volgende artikel getitel 'Many South African jobs could soon be automated, and the country isn't prepared' deur Daniel B le Roux van USB is op 17 Julie 2018 deur The Conversation gepubliseer:

Werk wat deur byna 35% van die werkers in Suid-Afrika verrig word, het die potensiaal om binne die afsienbare toekoms geoutomatiseer te word, maar die land is skynbaar swak voorbereid op dié realiteit.​

Regoor die wêreld begin besighede die waarde besef van die oordrag van arbeid vanaf menslike werkers na masjiene. Outomatisasie kan doeltreffendheid verhoog en arbeidskoste verlaag. Dit help werkgewers om ingewikkelde uitdagings soos loonverhogingseise en arbeidsonrus en -stakings te vermy. Verbruikers baat ook by outomatisasie wanneer produkte en dienste goedkoper raak weens verminderde insetkoste.

  • ​​Om die res van die oorspronklike artikel in The Conversation te lees, kliek hier.)​​