Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Toegang tot Wiley-Tydskrifinhoud in 2018
Outeur: Ilse de Lange
Gepubliseer: 19/06/2018

Die doel van hierdie kommunikasie is om u in te lig oor die Wiley-tydskrifinhoud waartoe Universiteit Stellenbosch steeds toegang het, asook die alternatiewe beskikbaar om die volteks te bekom van artikels wat in tydskrifte gepubliseer is waartoe u nie meer toegang mag hê nie.

 

Wiley-tydskrifte waarop die Biblioteek sedert Januarie 2018 op 'n titel-vir-titel basis inteken

'n Lys van hierdie titels kan hier gevind word. Voltekstoegang tot die elektroniese weergawes van vorige jaargange van hierdie titels is steeds beskikbaar.

 

Voltekstoegang tot Wiley-tydskrifte tot 2017

Die Biblioteek behou toegang tot die 1997-2017 inhoud van sommige Wiley-tydskrifte waarop ons nie inteken nie, en tot die 2010-2017 inhoud van ander Wiley-tydskrifte. 'n Lys van hierdie titels kan hier gevind word. Toegangsopsies hiervoor:

 

Hoe om volteksartikels deur interbiblioteeklenings aan te vra

Alle Wiley-tydskrifartikels is steeds opspoorbaar tot op opsommingsvlak. Indien u die volteks van 'n nie-toeganklike artikel (m.a.w. wat sedert Januarie 2018 gepubliseer is) verlang, kan u dit deur interbiblioteeklenings aanvra. Hierdie diens neem 24 tot 48 uur. Let asseblief daarop dat die koste van interbiblioteeklenings deur die Biblioteek, en nie deur akademiese departemente nie, gedra word.


Navrae: Naomi Visser (nrv@sun.ac.za, tel. 021 808 4433)

12 Junie 2018