Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Launchlab soek innoverende idees vir die Idees-program
Outeur: Corporate Communications / Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 04/05/2018

Die Universiteit Stellenbosch LaunchLab het amptelik sy 7de Idees-program bekendgestel nadat ses programme reeds suksevol afgehandel is.

Die LaunchLab se missie is om waardevolle kontakte vir beginner-maatskappye en gevestigde besighede sowel as ander relevante besigheidsvennote te fasiliteer ten einde beginner-maatskappye te help floreer. Die Idees-program is primêr gemik op besighede in ʼn aanvangstadium wat hul konsepte wil bekragtig en hul tegnologie-aanbod vir die mark wil verbeter.

LaunchLab bied toegang tot ons kliëntenetwerk wat aktief opsoek is na beginner-maatskappye met wie vennootskappe gesluit kan word wat die validasie proses steun.

LaunchLab is op soek na idees vir beginner-maatskappye in verskeie industrieë, insluitend maar nie beperk tot:

  • Onderwys: Ons is bly om die Universiteit Stellenbosch te help om innoverende tegnologiese oplossings vir die onderwys te vind wat ʼn bydrae kan lewer tot nuwe modelle van opvoeding ten einde studente te bemagtig om werksgeleenthede te skep en waarde tot die breër samelewing toe te voeg.
  • Slimstede: Stede van die toekoms benodig slim oplossings en ons kliënte het jou hulp nodig om met hierdie oplossings vorendag te kom.
  • Skoon/groentegnologie (Cleantech): die wêreld is op ʼn koers van volhoubaarheid en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Doen ʼn voorlegging oor jou idees om Suid-Afrika te help om sy natuurlike hulpbronne beter aan te wend en dit wat reeds benut word te herwin.
  • Internet van Dinge (Internet of Things – IoT): gekonnekteerde toestelle beteken meer inligting om ons lewens makliker en doeltreffender te maak. Help ons kliënte met jou IoT-konsepte wat hul aanvoerketting kan transformeer en klante se lewens kan verbeter.
  • Kunsmatige Intelligensie (KI): Doen ʼn voorlegging oor hoe jy dink KI ons wêreld sal impakteer met jou opwindende konsep. All ingenieurs en datawetenskaplikes word genooi om ons kliënte te beïndruk.
  • Gevorderde vervaardiging: hierdie is nog ʼn geleentheid vir ingenieurs en datawetenskaplikes om ʼn impak op hierdie belangrike sektor in Suid-Afrika te maak.  Sterk kandidate en konsepte sal toegang tot geleenthede met ons korporatiewe kliënte hê.
  • Veiligheid: help ons om Suid-Afrikaners veiliger te maak met jou innoverende konsep.
  • Blokketting: Elke industrie wat hoofsaaklik as middelman optree tussen vervaardigers en verbruikers van ontasbare en digitale goedere en dienste is kwesbaar om vervang te word met ʼn ewekniesisteem wat deur ʼn blokketting ondersteun word. Vertel ons hoe jy dit sal doen.
  • Finansiële tegnologie: Ons is op soek na ontwrigtende tegnologie in die finansiële dienste-sektor wat die manier waarop ons met geld omgaan kan verander.
  • Versekeringstegnologie: Doen ʼn voorlegging oor jou idee rakende die toekoms van versekering.
  • Agri-tegnologie en innovasies oor voedsel: LaunchLab het reeds as teelaarde gedien vir verskeie opwindende innovasies oor voedsel en agri-tegnologie. Sal jou konsep die volgende een wees?
  • Sosiale ondernemings: Het jy ʼn besigheidsidee wat ʼn groot impak kan hê en diegene wat dit die meeste nodig het kan bevoordeel, maar steeds lewensvatbaar sal wees? Gebruik hierdie geleentheid om ʼn voorlegging hieroor te doen.

Die program help nuwe konsepte en potensiële besighede om hul konsepte met rolspelers in die mark te validate en die weg na wasdom te begin wat nodig is om klante te win en beleggings te bekom.

Die hoogepunte van ons program se impak in Suid-Afrika in 2017 is:

  • 24 geselekteer vir ons inkubasieprogram
  • 10 loodsprojekte wat saam met LaunchLab-kliënte aangepak is
  • 4 waarin LaunchLab-kliënte direk belê het
  • R 1.18 miljoen in totale prysgeld uitbetaal oor alle programme heen

“Die wye verskeidenheid van industrie-fokusareas vir hierdie jaar beteken dat jy ʼn plek sal vind vir jou innoverende besigheidsidee. Dit is ʼn groot geleentheid om daardie besigheidsidee gereed te kry vir die mark. Die impak van interaksie met ons korporatiewe kliënte kan nie onderskat word nie. Ons vind dat nuwe besighede wat met ons kliënte skakel vinniger kan groei as nuwe besighede wat die tradisionele roete tot die mark volg omdat die kliënt nie net finansiële hulp bied nie, maar ook toegang tot die mark," sê Philip Marais, Hoof-uitvoerende Beampte van LaunchLab.

Voorleggingsvereistes: Dien saam met jou inskrywingsvorm ʼn 3-minute video (selfoonmateriaal kan ook voorgelê word) van jouself in waarin jy jou besigheidsidee verduidelik. Die aansoekvorm is beskikbaar op die LaunchLab webtuiste: http://www.launchlab.co.za/ideas2018

Aansoeke open in Maart en die sperdatum vir aanlyn-inskrywings is 11 May 2018. Die top tien finaliste sal teen einde Mei in kennis gestel word. Voorleggings sal op ʼn kortlys geplaas word en deur ʼn proses geneem word om 10-15 besighede wat ons by ons inkubasie-program sal insluit te identifiseer. Hierdie besighede sal ontwikkel word om met ons kliënte te skakel.

LaunchLab se terme en voorwaardes geld en is kan hier afgelaai word: https://launchlab.co.za/innovationchallenges/competition-terms-conditions/

Foto verskaf deur Launchlab