Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Twee US-akademici help hersien BTW-vrygestelde goedere
Outeur: African News Agency
Gepubliseer: 02/05/2018

Die dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, prof Ingrid Woolard, en ekonomieprofessor Ada Jansen van dieselfde fakulteit is aangestel as lede van die paneel wat die huidige lys van goedere wat vrygestel is van belasting op toegevoegde waarde (BTW), gaan hersien.

Die volgende artikel is deur African News Agency geskryf en in Creamer Media se Engineering News op 25 April 2018 gepubliseer:

Finansiesminister Nhlanhla Nene het aangekondig dat prof Ingrid Woolard van die Universiteit Stellenbosch as voorsitter sal optree van die onafhanklike paneel kundiges wat die huidige lys van goedere wat vrygestel is van belasting op toegevoegde waarde (BTW), gaan hersien.

Woolard is tans dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Die res van die paneel bestaande uit nege lede is: Ayabonga Cawe, professor Ada Jansen, dr Thabi Leoka, dr Neva Makgetla, Lynn Moeng, Cecil Morden, Prenesh Ramphal en professor Imraan Valodia. 

Nene het hom verlede maand daartoe verbind om 'n onafhanklike paneel kundiges – wat onder die Davis-belastingkomitee ressorteer – aan te stel en besonderhede te publiseer oor die opdrag om die huidige lys van BTW-vrygestelde goedere te hersien. Die verhoging in BTW-koers van 14 tot 15 persent het op 1 April in werking getree.

Volgens die nasionale tesourie is die paneel se mandaat om die huidige lys BTW-vrygestelde goedere te hersien en die mees doeltreffende wyse te oorweeg om die uitwerking van die verhoogde BTW-koers op arm en lae-inkomste huishoudings teen te werk.

  • Lees die volledige artikel.
  • In 'n paneelbespreking by die regsfirma Webber Wentzel (op 19 Junie in Kaapstad) oor die Davis-komitee se werksaamhede, het prof Woolard gesê dat die subkomitee meer as 440 voorleggings oor BTW-vrystelling op kossoorte ontvang het. Sy sê​ dat die subkomitee se werk baie interessant is en dat die voorleggings 'n insig bied in Suid-Afrika se politieke ekonomie. (Vir verdere inligting, kliek hier.)