Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Luister, lewe en leer
Outeur: Corporate Communication/ Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 06/02/2018

​Die Universiteit Stellenbosch (US) is in luister-, leer- en leefgemeenskappe verdeel (LLL).

Die doel met die LLL is om die ervaring buite die klas en die ervaring in die klas te integreer om akademiese sukses te verseker en goed afgeronde opvoedingsgeleenthede aan studente beskikbaar te stel.

Die LLL bestaan uit klusters, privaatstudente-organisasies vir nie-koshuisstudente (PSO-wyke), mentorgroepe, tutorgroepe en die luister-, leer- en leefhuise vir senior studente.

'n Kluster bestaan uit 'n aantal koshuise wat geografies na aan mekaar geleë is, sowel as PSO-wyke.  Klusters speel 'n belangrike rol in die integrasie en ondersteuning van nuwelingstudente op kampus en verseker dat studente die Universiteit as 'n plek van omgee en koestering ervaar.  Klusters integreer ook die universiteitservaring van koshuisstudente, dagstudente en studente wat privaat inwoon deur verskeie leer- en sosiale-inisiatiewe.

Alle studente wat nie van die Universiteit se koshuisverblyf gebruik maak nie, is outomaties lede van 'n PSO.  Dié studente is in verskillende PSO-wyke ingedeel wat aan hulle geleenthede bied vir suksesvolle sosiale en akademiese integrasie op kampus.

Vir nadere besonderhede, klik hier.