Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Matrieks kry tweede kans om NSS-uitslae aan die US te verbeter
Outeur: Corporate Communications / Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 17/01/2018

Matrikulante van 2016 en 2017 wat nie aan die toelatingsvereistes vir hoër onderwys voldoen nie, maar wat Graad 12 geslaag het, kan steeds aansoek doen vir toelating tot die jaar lange SciMathUS-program (“Wetenskap en Wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch").

Aangebied deur die Universiteit Stellenbosch (US) Sentrum vir Pedagogie (SUNCEP) bied die program jaarliks 100 studente uit onderwys benadeelde omstandighede regoor die land, ʼn tweede kans om vir hoër onderwys te kwalifiseer.

Sedert die program in 2001 begin het, het meer as 1 100 studente die program suksesvol voltooi.

Om aansoek te doen vir die program, moet matrikulante graad 12 met ʼn gemiddeld van 60% (Lewensoriëntering uitgesluit), ʼn minimum van 50% in Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) geslaag het en minstens 45% in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe behaal het.

Studente het die geleentheid om hul NSS-punte in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe te verbeter. Hulle kan ook kies om Rekeningkunde en Inleiding tot Ekonomie te doen. Hierdie twee vakke word deur die Universiteit aangebied en geassesseer.

  • Die sluitingsdatum vir aansoeke is 26 Januarie 2018 en studente word aangeraai om aanlyn aansoek te doen by www.sun.ac.za/suncep of telefonies by 021 808 3483.

Nog ʼn suksesvolle jaar

Soos in vorige jare het die 2017-inname goed gevaar in die 2017 NSS-eksamen en spog met 8 onderskeidings in Wiskunde en 23 in Fisiese Wetenskappe.

In die groep van 93 studente het 83 studente meer as 60% in Wiskunde behaal – die minimum toelatingsvereiste vir meeste graadprogramme by ʼn universiteit. In Fisiese Wetenskappe het 55 studente van die 2017-groep meer as 60% behaal.

Hierdie studente het nou die geleentheid om by enige tersiêre instelling in Suid-Afrika aansoek te doen.

Die meeste van die SciMathUS-program studente doen aansoek om aan die US te studeer. Tussen Desember 2005 en Desember 2017 het meer as 200 voormalige SciMathUs-studente by die Universiteit ingeskryf.

By die 2017 Desember-gradeplegtighede het ʼn volle 50 voormalige SciMathUS-studente hul grade ontvang, waaronder BCom-, BSc- en LLB-grade en Nagraadse Onderwyssertifikate.

SciMathUs bied lewenslange sukses

“Die SciMathUs-jaar gaan nie net oor toegang tot hoër onderwys nie," verduidelik me Nokwanda Siyengo, Programbestuurder van SciMathUS. “Dit gaan daaroor om studente te help om die verskillende metodes van leer en onderrig te verstaan. Ons skep vaardighede wat studente kan help om lewenslange leer en sukses te behaal. Die meeste studente wat Graad 12 geskryf het en nie goeie punte behaal het nie, is geneig om te dink dit is die einde aan hul akademiese pad, maar via SciMathUS is daar ʼn geleentheid om toegang tot hoër onderwys te kry."

Die program word aangebied in Afrikaans en Engels en studente draf elke weeksdag van 08:00 tot 16:30 klas. SciMathUS-studente woon en studeer op die Stellenbosch-kampus waar hulle deel word van die dinamiese studentegemeenskap.