Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Opedag 24 Februarie 2018: Besoek Ingenieurswese!
Outeur: Faculty of Engineering/Fakulteit Ingenieurswese
Gepubliseer: 09/01/2018

Indien jy in Ingenieurswese as beroep belangstel, of bloot belangstel hoe ingenieurs wetenskap en tegnologie tot voordeel van die mens inspan, MOET jy enige tyd tussen 08:30 tot 16:00 'n draai kom maak by die Fakulteit Ingenieurswese tydens Universiteit Stellenbosch se Opedag wat Saterdag 24 Februarie 2018 gehou word.

Soos in die verlede sal Ingenieurswese tientalle interessante en opwindende stalletjies en demonstrasies hê wat deur die vyf ingenieursdepartemente se personeel en studente aangebied word.

Leerders wat lief is vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe en goed daarin vaar, sal baie daarby baat om Ingenieurswese tydens die Opedag te besoek. Die inligting wat hulle hier gaan kry, sal hulle in staat stel om ingeligte besluite oor hul skoolvakkeuse en loopbaan te maak.

Die Fakulteit Ingenieurswese is op die hoek van Banghoekweg en Joubertstraat (oorkant die Verkeersdepartement).

Navrae: ingenieur@sun.ac.za

Opedagplakaat.