Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Suid-Afrika se dubbele wanvoeding-uitdaging: honger en vetsug
Outeur: Prof Xikombiso Mbhenyane & Irene Labuschagne
Gepubliseer: 11/12/2017

​Baie Suid-Afrikaners ly honger. Terselfdertyd neem vetsug toe. Dit is nie verbasend nie – albei is vorme van wanvoeding en is geneig om saam voor te kom. Die gelyktydige bestaan van armoede en vetsug is 'n globale verskynsel.

Armoede lei toe voedselontneming, wat in ekstreme gevalle tot verdwerging kan lei. Navorsing toon dat wanvoeding vroeg in 'n mens se lewe vetsug in volwassenheid kan bevorder. Studies op drie vastelande het gewys dat voedingsverdwerging, wat gewoonlik deur chroniese wanvoeding veroorsaak is, met oorgewig in volwassenheid verband hou.

Hierdie artikel het oorspronklik op The Conversation verskyn. Lees die volledige artikel hier.