Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNLearn opgradering – Maak die meeste uit jou nuwe instrumentpaneel / paneelbord
Outeur: Lianne Keiller
Gepubliseer: 08/12/2017

​​Die SUNLearn platform ondergaan 'n opgradering elke 6 maande. Dit word gedoen ná deeglike toetse deur die kollegas by Informasie Tegnologie en word gebaseer op beskikbare inligting vanaf die internasionale Moodle gemeenskap.

Die finale opgradering vir die jaar word 9-10 Desember 2017 toegepas. Wyl daar 'n aantal nuwe funksies is, is die grootste verandering vir die gebruiker se ervaring die nuwe instrumentpaneel (dashboard).

Sien asb. die Fasilit​eerdersgids rakende die opgradering. Alternatiewelik, die video gids kan hier​ verkry word: 

Verdere veranderinge tot die laaste weergawe van SUNLearn kan op die Moodle gemeenskap webtuiste gevind word: https://docs.moodle.org/33/en/New_features

Bystand met die opstelling van 'n omvattende leer en onderrig spasie op SUNLearn is beskikbaar deur die SLT hulptoonbank. E-posse kan na learn@sun.ac.za gestuur word.

As herinnering, maak asb. seker dat u die oorrol van u module versoek voor die aanvang van die nuwe akademiese jaar. 'n Skakel na die vorm kan op die webblad verkry word, sowel as op enige SUNLearn kursusblad (regs bo van u skerm).​