Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch Gradeplegtighede – Desember 2017
Outeur: Corporate Communications Division
Gepubliseer: 01/12/2017

Die Universiteit Stellenbosch gaan hierdie week 5 720 grade, sertifikate en diplomas by agt gradeplegtighede in die Coetzenburgsentrum toeken. Dit is 420 meer kwalifikasies as in Desember 2016, en 700 meer as in Desember 2015.

Die week se totaal sluit 142 doktorsgrade en 545 meestersgrade in. 

Klik hier vir meer inligting oor die gradeplegtighede en 'n digitale weergawe van die gradeprogram. Alle graduandi en diplomandi word daaraan herinner dat hulle twee ure voor die begin van hul gradeplegtigheid reeds by die Danie Craven-stadion moet aanmeld om in die prosessie opgestel te word.
-----------------------------

Weer kry meer Maties graad by US se Desember-gradeplegtighede

Die Universiteit Stellenbosch (US) ken wéér vanjaar ʼn rekordgetal grade en diplomas toe by sy Desember-gradeplegtighede – 5720 in vergelyking met 5300 in 2016 en 5020 in 2015. Daar is ook weer ʼn toename in die aantal doktorsgrade (142) en magistergrade (545).

Agt seremonies word vanaf Maandag 4 tot Vrydag 8 Desember 2017 in die Coetzenbergsentrum gehou.

Die skedule van die Desember-gradeplegtighede is soos volg:

  • Maandag 4 Desember om 17:30: Fakulteit Natuurwetenskappe
  • Dinsdag 5 Desember om 10:00: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en om 17:30: Opvoedkunde en Krygskunde
  • Woensdag 6 Desember om 10:00: vir ʼn eerste groep in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en om 17:30: ʼn eerste groep in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe en studente in die Fakulteite Regsgeleerdheid en AgriWetenskappe
  • Donderdag 7 Desember om 10:00: Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe en om 17:30: Fakulteite Teologie en Ingenieurswese.
  • Vrydag 8 Desember om 10:00: 'n tweede groep in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en eregrade.

Drie eredoktorsgrade word ook toegeken: Die graad Doktor in die Wysbegeerte (DPhil), honoris causa, word toegeken aan een van die land se voorste dokumentêre fotograwe, mnr Omar Badsha; die graad Doktor in die Natuurwetenskappe (DSc), honoris causa, aan die Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad en wêreldbekende navorser, prof Glenda Gray; en die graad Doktor in Ingenieurswese (DIng), honoris causa, aan die internasionaal erkende ingenieur en akademikus, prof Markus Reuter.

ʼn Jaarlikse hoogtepunt is voormalige HOOP@Maties- en SciMathUS-studente - universiteitsvoorbereidingsprogramme wat deur die US aangebied word – wat gradueer. HOOP@Maties bied aan leerders in graad 12 aanvullende onderrig tydens hul skoolvakansies aan. SciMathUS is ʼn Stellenbosch-gebaseerde universiteitsvoorbereidingsprogram waar graad 12-leerders ʼn  tweede geleentheid het om op kampus hul Graad 12-uitslae te verbeter om vir spesifieke graadprogramme in hoër onderwys te kwalifiseer.

66 voormalige HOOP@Maties- en 49 voormalige SciMathUS-studente word dié week vir hul harde werk vereer.

Die Universiteit gee ook tydens die gradeplegtighede erkenning aan van sy voorste akademici en ander personeellede.