Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hofuitspraak: Gelyke Kanse
Outeur: Korporatiewe Kommunikasie / Corporate Communications
Gepubliseer: 21/11/2017

​Die Wes-Kaapse afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika het onlangs in die guns van die Universiteit Stellenbosch (US) beslis in Gelyke Kanse en agt ander applikante se aansoek om die hersiening en tersydestelling van die proses vir die hersiening van die Taalbeleid en die 2016 Taalbeleid self. Van die belangrikste vertrekpunte van die 2016 Taalbeleid is dat taal toegang tot die instelling moet bevorder, en die akademiese en beroepsukses van studente en personeel moet ondersteun. In sy uitspraak, het Regter Daniel Dlodlo die volgende oor die die Beleid gesê: “As 'n mens die Beleid van 2016 holisties beskou, besef jy dit is in verhouding tot die mikpunte waarna dit streef. Ek kan my nie 'n beter en meer sorgvuldig opgestelde beleid voorstel nie." Die US is intussen in kennis gestel dat die applikante vir verlof tot appèl teen die uitspraak aansoek gedoen het. 

Lees die volledige verklaring hier.