Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons moenie nie ons demokrasie as vanselfsprekend aanvaar nie
Outeur: Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 16/08/2017

As 'n postkoloniale land behoort Suid-Afrika sy demokrasie te koester en nie te misbruik nie.

Só het prof Homi Bhabha, die wêreld se voorste postkoloniale literêre teoretikus en direkteur van die Mahindra Sentrum vir Geesteswetenskappe by Harvard Universiteit, Woensdag (16 Augustus 2017) gesê.

Bhabha, wat die Universiteit Stellenbosch (US) besoek, het gepraat by 'n geleentheid wat by die US-museum op die Stellenbosch-kampus gehou is.

Bhabha het die belangrikheid van demokrasie in postkoloniale kontekste beklemtoon en gesê “post-koloniale lande wat hul onafhanklikheid verkry het deur totalitêre, onderdrukkende en uitbuitende stelsels van kolonialisasie teen te staan, moet hul demokrasie koester."

“Hulle moet nie hul demokrasie misbruik nie. Demokrasie is soos 'n basketbal, jy moet voortdurend probeer om dit in die lug te hou en dit verg 'n grootse poging."

 

Selfoongebruikers kliek hier:

Bhabha het die regering gekritiseer en gesê dit lyk nie asof die huidige magstrukture die pilare van demokrasie ondersteun nie. Hy het die verdeling van hulpbronne, die verbreding van onderwys en die handhawing van 'n vrye media as die pilare van demokrasie uitgelig.

“Die leiers probeer eerder 'n soort populisme skep wat nie voordeel trek uit die ryke verweefdheid van die kultureel en etnies uiteenlopende tradisies nie."

Bhabha het gesê dit is belangrik vir leiers om na die mense van Suid-Afrika te luister.

“Sodra jy ophou luister na die kritiek vanuit sekere oorde, sodra jy dink jou mag is immuun, volg korrupsie en demoralisasie. Dit is die dood van demokrasie."

Vir Suid-Afrika om regtig vorentoe te beweeg, moet daar vertroue wees wat gebou is op 'n groter sin van erkenning van diegene wat nie hulself kon verteenwoordig nie, het Bhabha gesê.

“Vertroue is ook gebou op sekere vorme van herverdeling van geleenthede aan mense wat nie in staat is om by te dra tot die bou van die burgerlike samelewing nie."

Bhabha het gesê hy wonder egter of Suid-Afrikaners hul leiers regtig kan vertrou.

Hy gesê Suid-Afrikaners moet nooit vergeet dat die land se sterkte afhanklik is van sy diverse tradisies.

  • ​Bhabha het Dinsdag met studente oor die tema Engaged Scholarship and Ethical Citizenship gepraat. Woensdamiddag was hy in gesprek met onder meer, professor Tamar Garb van die University College of Londen, en die kunstenaar Sue Williamson. By die geleentheid is Williamson's se kanaal-2 video kunsinstallasie It's a pleasure to meet you vertoon. Candice Mama en Siyah Mgoduka, twee jongmense wie se vaders albei deur Eugene de Kock vermoor is, het aan die gesprek deelgeneem. Candice het De Kock vergewe en haar vir sy vrylating op parool bewyer. Woensdagaand was Bhabha in gesprek met Emeritus Professor Njabulo Ndebele, Voorsitter van die Nelson Mandela Sentrum vir Herinnering, digter, romanskrywer, en opstelskrywer.
  • Klik hier vir Prof Homi Bhabha se bio. 
  • Foto: Prof Homi Bhabha. Fotograaf: Stefan Els