Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mandela Dag 2018
Outeur: Christina Harvett
Gepubliseer: 18/07/2018

Die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) het die Siyanqoba-crèche in Kayamandi onder hulle vlerk geneem in 2016 . Hierdie vriendskap het in Desember 2016 met 'n uitreik aksie begin waartydens die personeel van die Sentrum die gebou geverf en opvoedkundige voorrade geskenk het. Die gebou het tydens die groot storm in Junie 2017 windskade opgedoen en, met hulp van die Universiteit Stellenbosch en onder die wakende oog van Zainab Suliman, Operasionele Bestuurder van SLT, is 'n hout “Wendy-huis" opgerig op die plek waar die vorige gebou gestaan het. Die crèche is verder verbeter met die oprig van 'n spoeltoilet in Julie 2018.

Hierdie vriendskap tussen die span by SLT  en die personeel en kinders van Siyanqoba is versterk toe hulle tyd saam spandeer in tydens Mandela Dag 2017, die gesamentlike Kersfees partytjie was gehou is einde 2017 en die viering van Valentyns Dag saam met die kinders in Februarie 2018.


Tydens vanjaar se Mandela Dag vering, het die personeel van SLT besluit om die crèche te bederf met 'n uitstappie na Stellenbosch Square se Spur.  Dit was nie ligte vrugte om vervoer en veiligheidsmaatreels in plek te sit om 55 kleuters met hulle 5 onderwysers 'n kommerlose dag te gee nie, maar met gesigverf, 'n reuse klimraam om te klouter, pizza en 'n partytjie pakkie om huis toe te neem, was dit voorwaar 'n dag om te onthou!​​