Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UCM bekom Reometer
Outeur: Riaan Combrinck
Gepubliseer: 15/06/2017

​Die UCM het onlangs ʼn ICAR Reometer van Germann Instruments aangekoop ter waarde van R 340 000. Reologie gee ʼn meer wetenskaplike maatstaf van beton se geskiktheid vir giet en kompaksie metodes in vergelyking met die tradisionele versakkingstoets. Die spesifieke ICAR Reometer is geskik vir toetse op vars beton met ʼn klip grootte van tot 19 mm en is die enigste van sy soort in Suid-Afrika. Die reometer is  ʼn welkome byvoeging tot die UCM se laboratorium en is alreeds deur beide voorgraadse en nagraadse studente gebruik. Die UCM erken dankbaar die finansiële bydrae van die Ingenieurs Fakulteit, SubKom B Navorsingskomitee sowel as die Siviele Ingenieurswese Departement van Stellenbosch Universiteit.