Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Nematoloë ontvang toekennings, neem deel aan boek bekendstelling
Outeur: Annika Pieterse, Antoinette Malan
Gepubliseer: 25/05/2017

Die 21ste simposium van die Nematologiese Vereniging van Suidelike Afrika is onlangs gehou in Ballito, KwaZulu-Natal, met die tema "Aanpassing tot 'n veranderende omgewing". Die simposium was bygewoon deur 103 nematoloë van regoor die wêreld, insluitend tien studente en navorsers van die Departement van Bewaringsekologie en Entomologie van Universiteit Stellenbosch wie almal om hul beurt hul navorsing aangebied het. Hierdie navorsers was Antoinette Malan, Jenna Ross, Caro Kapp, Nomakholwa Stokwe, Nicholas Kagimu, Deidré Odendaal, Agil Katumanyane, Annika Pieterse, Fisayo Daramola en Maryna Odendaal.

Bywoners van die simposium was gevra om te stem vir navorsers wie na hul mening die beste mondelinge aanbiedings gelewer het. By die galadinee op die laaste aand van die simposium was dit toe afgekondig dat drie PhD studente van US deel was van die groep wat pryse gewen het vir hul aanbiedings. Deidré Odendaal en Annika Pieterse het tweede prys gedeel vir hul aanbiedings terwyl Nicholas Kagimu die prys gewen het vir derde beste aanbieding. Caro Kapp, ook 'n PhD student, was die ontvanger van die George Martin beurs, 'n beurs wat jaarliks deur die NSVA toegeken word om Nematologie in Suid-Afrika te bevorder.

Dr Antoinette Malan en Dr Jenna Ross is mede-outeurs van vyf hoofstukke van 'n nuwe boek wat ook by die galadinee bekendgestel is. Die boek, getiteld as "Nematology in South Africa: A View from the 21st Century" bestaan uit 26 hoofstukke en gee 'n opsomming van die prestasies en ontdekkings wat gemaak is in Nematologie in Suid-Afrika.