Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US vier Afrika-dag
Outeur: Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 23/05/2017

​Afrika-dag (25 Mei) herdenk die stigting van die Organisasie vir Afrika-eenheid, voorloper van die Afrika-Unie, in 1963. Dit gee erkenning aan die vordering wat ons as Afrikane gemaak het, terwyl dit ruimte bied vir ons om te besin oor die uitdagings wat ons binne die globale omgewing in die gesig staar. Die Universiteit Stellenbosch (US) vier Afrika-dag met die volgende geleenthede:

  • Die jaar bied die Instituut vir Toekomsnavorsing, die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool asook die USB Bestuursontwikkeling 'n geleentheid aan by Gold Opulent African Cuisine in Kaapstad, waar 'n aantal sprekers in gesprek sal tree met klein groepe gaste. Sprekers sal hul persoonlike perspektiewe oor die toekoms van Afrika deel, teen die agtergrond van hul unieke ervarings. Kliek hier om meer oor die sprekers te lees.
  • Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe beplan 'n Afrika-dag seminaar, met die titel "Universities in Africa – an inter-generational dialogue on Decolonisation and Activism". Die drie sessies wat deur die dag gehou gaan word sluit in: "An Intergenerational Dialogue on Experiences of Students and Staff"; "A University in Africa" en "Harnessing the Power of Activism". Kliek hier om die volle program te sien.
Ter viering van Afrika-dag, praat dr Ethel Phiri (Departement Genetika) en dr Natasha Mothapo (Departement Plant- en Dierkunde) oor hoe belangrik samewerking in navorsing in Afrika is.