Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
VAP praatjie: Die Dekolonisering van Kunsinstellings
Outeur: Francois Tredoux
Gepubliseer: 28/04/2017

"Die Dekolonisering van Kunsinstellings"

deur Nkule Mabaso

Nkule Mabaso (gebore 1988) werk tans as kurator van die Michaelis Galerye by die Michaelis School of Fine Art by Universiteit Kaapstad. Sy het 'n Skone Kunsgraad by Universiteit Kaapstad verwerf, asook 'n Meestersgraad in Kuratorskap by die Zurich University of the Arts. Sy is ook die stigter van die Newcastle Creative Network in KwaZulu-Natal.

Opsomming: Die Dekolonisering van Kunsinstellings

Die Michaelis Galerye werk tans aan 'n program van films, foto's, media-gebaseerde werke en gesprekke oor die kwessie van dekolonialisering en die "regime van die aanblik".

"'Africa' has been consistently (re)produced and enacted across a wide range of cultural sites. Just as Frantz Fanon once described the racialisation of subjectivity in late colonial Algeria as being 'fixed by a dye', the performance of 'Africa' through various technologies of observation, reproduction and display has been remarkably consistent and enduring.

In this sense it is important to consider how this 'Africa' has been enacted, circulated and consumed historically through performance (Ebron 2000) and how these historical encounters create the place of Africa in the world. The 'Africa' that the world imagines (often through dystopic images) is always a thing of illusion, magic and contradiction but the performance of this construct and the meanings attached to it has particular temporalities."

(Campbell en Power 2008)

Hoe neem ons eienaarskap van die ideologiese ruimte wat "Afrika" binne die gewilde verbeelding inneem, gegewe die kompleksiteit van 'n nuwe gedekolonialiseerde realiteit, en die voorstellings daarvan? Hoe realiseer ons ons kontemporêre oomblikke, en die selfdefinisie van die kontinent? Jeugdige kontemporêre artistieke standpunte konfronteer die voortbestaan van kolonialisme en neokolonialisme, op film en in fotografie, en ook in digitale media en op die internet.

Met hierdie program oorweeg ons 'n reeks van visuele praktyke wat tot die uitbeelding van "Afrika" bygedra het deur die tegnologieë van filmteater, fotografie, digitale media en rekenaarspeletjies. Groepsgesprekke sal die uitstalling vergesel.