Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kry jou BA-padkaart by Opedag
Outeur: Lynne Rippenaar-Moses
Gepubliseer: 25/02/2017

Voornemende studente wat vandag die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe besoek, kan hul eie Padkaart tot die BA-wêreld vandag (25 Februarie) hier kry.  Hierdie padkaart sal hulle help om hul weg te vind in  'n omgewing vol uiteenlopende studiemoontlikhede. 

As jy belangstel in een van die fakulteit se graadprogramme, maar nie seker is waar om te begin met die aansoekproses nie, kan jy ook die gebruikersvriendelike Padkaart tot die BA-wêreld hier aflaai en meer uitvind oor dié proses.  

Met 18 departemente wat 'n verskeidenheid vakke aanbied is daar baie om van te kies en keur. So maak seker jy besoek ons informasie en departementele stalletjies op die 2de vloer van die Lettere-gebou op die hoek van Merriman- en Ryneveldstraat vir meer informasie. Ons sal hier wees vanaf 08:30 tot 16:00.

Klik hier vir algemene inligting oor Opedag.