Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
MFM Winterskool 2018
Outeur: Christina Harvett
Gepubliseer: 18/07/2018

Die MFM Winterskool leerders het op 27 Junie 2018 'n opwindende oggend by die Sentrum vir Leertegnologieë en die Telematiese Dienste studio spandeer. Die leerders het suksesvol opgetree beide voor die kamera sowel as in die produksie kamer. Inligtingsessies oor uitsendings en ná-produksie redigering het hierdie ywerige leerders die geleentheid gebied om meer te leer oor die wêreld van uitsending vanaf ʼn verskeidenheid invalshoeke. Hierdie onderhoude is geredigeer en op DVD gesit vir hulle om huis toe te neem en met hul vriende en familie te deel saam met sosiale media opdaterings op die Telematiese Skole Facebook bladsy​.  Die leerders is ook gewys hoe om Twitter effektief te gebruik om hulle aanlyn teenwoordigheid te versterk.

Maar luister self wat die leerders​ , wat sover as die Ooskaap gekom het om die Winterskool by te woon, te sê gehad het oor hulle ervarings.​