Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rektorstoekenning vir Calvin Ullrich
Outeur: Helette van der Westhuizen
Gepubliseer: 03/11/2016

​Calvin Ullrich is onlangs aangewys as die top meestersgraadstudent in Fakulteit Teologie. 

Die Universiteit Stellenbosch het studente wat presteer het in areas wat wissel van akademie tot leierskap by die jaarlikse Rektorstoekennings, wat Donderdag 13 Oktober 2016 gehou is, vereer.

"Hierdie is een van die hoogtepunte op die Universiteit se kalender," het prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, tydens die geleentheid gesê. "Julle verteenwoordig 'n kern-aspek van ons visie: om na uitnemendheid te streef. Baie geluk aan elke ontvanger van 'n rektorstoekenning. Dit is 'n plesier om hier te wees en julle maak my baie trots."

Rector'sAwards.jpg