Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Russel Botman Gedenklesing fokus op armoede en bevoorregting
Outeur: Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 25/10/2016

Die land verkeer tans in 'n posisie waar Suid-Afrikaners moet vra of hulle nog van enige nut is en teenoor wie.

Hierdie was die boodskap van  prof Crain Soudien, Uitvoerende hoof van die Navorsingsraad vir menslike wetenskappe (HSRC), wat op Dinsdag 18 Oktober 2016, die tweede Russel Botman Gedenklesing by die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit van Teologie, gelewer het.

Tydens dié lesing het Soudien, die kompleksiteite uiteengesit wat bevoorregte Suid-Afrikaners in die gesig staar rakende hul nut en verantwoordelikhede teenoor die gemeenskap.

Prof Soudien het gestel dat terwyl dit vir baie Suid-Afrikaners, soos die ontslape prof Botman, wat self as 'n onderdrukte persoon groot geword het, moontlik was om later by bevoorregting ingesluit te word, was dit vir die meerderheid van die land se jongmense nie moontlik nie. Hierdie was 'n bron van groot kommer vir die voormalige Rektor, wie eens opgemerk het: "Die koek raak nie gou genoeg groter nie" (Daar is net nie genoeg geleentheid vir almal nie)

"Russel het 'n diepe bewustheid van sy eie posisie in die dinamiek gehad. Hy was nou self 'n bevoorregte persoon. Maar dit was nie 'n gewone bevoorregting nie. Die geskiedenis van onderdrukking en van swart wees, was altyd deel van sy bewustheid."

Soudien het gemerk dat hierdie bewustheid duidelik in Botman se onderrig en vele artikels wat hy geskryf het, uitgestaan het.

"Die verantwoordelikhede wat saam met bevoorregting gepaard gaan, was altyd 'n bron van erns vir Russel. Het bevoorregtes die minder-bevoorregtes verstaan? Meer direk, het bevoorregtes hulself en hul plig verstaan?"

Soudien het verder gesê dat hierdie kwessies prof Botman gedryf het in  sy werk om te verseker dat die Universiteit nie langer net 'n vanselfsprekende reg van toegang vir die herprodusering van politiese en ekonomiese dominante persone is nie.

In antwoord op die lesing, het prof Yusef Waghid, Uitgelese professor by US se Fakulteit Opvoedkunde, gemerk dat dit 'n bevoorregte samelewing en 'n universiteit se plig is om na 'andersheid' te luister.

"As jy onreg sien, spreek dit aan."

Tydens die lesing is die studente: Soné Reens, Sandios Sogula en Randall van den Heever, ook amptelik as die eerste ontvangers van die Russel Botman beurs aangewys.