Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Nadia Marais wen gesogte prys
Outeur: Helette van der Westhuizen
Gepubliseer: 18/10/2016

Die $1,000 prys is aan haar toegeken vir haar essay, "Lovelyn, Belhar, en Maria: Verkenning van die retoriek van belydenis as weerstand teen onreg".

Die Louise en Richard Goodwin pryse vir uitnemendheid in Teologiese skryfwerk word aan gegradueerde studente toegeken vir opstelle wat aan die volgende kriteria voldoen:

• kreatiewe teologiese denke,

• uitnemendheid in wetenskap,

• getuienis van die Christelike tradisie, en

• betrokkenheid by die gemeenskap van gelowiges.

Nadia Marais, wat tydens haar studentejare onder talle prestasies die gesogte US Kanseliersmedalje ontvang het, is onlangs aangestel as voltydse dosent in Sistematiese Teologie aan die Fakulteit Teologie. Sy is aktief betrokke by sake van die dag van die Universiteit en die Kerk. Sy is in 2015 herkies tot die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch. Sy dien ook op 'n aantal kommissies in die ekumeniese kerk en binne die NG Kerk, en is lid van 'n groep "jong predikante" en Gereformeerde teoloë wat die NG Kerk aanmoedig om die besluite van die vorige Sinode te implementer aangaande die insluiting van persone met selfdegeslag seksuele oriëntasie. Sy is op 21 Augustus 2016 bevestig as 'n predikant van die NG Kerk Welgelegen. Sy preek gereeld en skryf vir verskeie publikasies (insluitende LitNet).

Volg die skakel vir 'n onderhoud met Nadia oor die prys: http://www.theologicalhorizons.org/theological-horizons/2016/10/11/interview-with-goodwin-prize-winner-nadia-marais