Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Matie-koor dring deur tot semi-finaal van Varsity Sing
Outeur: Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 26/09/2016

​Die Matie-koor verskyn Donderdag 29 September en Donderdag 6 Oktober op Kanaal 144 (KykNet), 20:30, in die semi-finaal van die Varsity Sing-kompetisie. Na die episode op 6 Oktober kan gehore stem vir hul gunsteling koor. Die enigste manier om te stem, is via die Varsity Sports App:

https://play.google.com/store/apps/details?id=fi.android.varsitysports

Vanaf 6 Oktober tot 13 Oktober, kan elke App een keer 'n dag stem vir 'n gunsteling koor.

Daar is 'n kontantprys op die spel, wat dirigent André van der Merwe sê hul "wonderlik sou kon aanwend om behoeftige koorlede te ondersteun".

"Musiek is een van daardie unieke vorme van menslike uitdrukking wat die vermoë het om struikelblokke te oorkom en mense te verenig," sê prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier aan die Universiteit Stellenbosch (US), met verwysing na die koor se prestasies. "In hierdie moeilike tye moet ons saamstaan – wêreldwyd, in ons eie land en by ons universiteite, en die koor help ons om presies dit te doen. Kom ons hou duime vas vir die koor vir die res van die 'Varsity Sing' kompetisie."