Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dringende Kampus info: Protesaksie
Outeur: Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 01/11/2016

WOENSDAG 2 November

  • Studente wat nie 'n eksamenlokaal kan binnegaan weens protesaksie nie, moet naby die lokaal bly en tel 0218082333 kontak vir hulp en alternatiewe reëlings.

  • Groepe protesteerders het vandag op die Stellenbosch-kampus byeengekom (totaal ongeveer 70). Die Bestuur is bewus van die situasie en addisionele sekuriteitsmaatreëls is getref. Benewens gekontrakteerde sekuriteitspersoneel is die Openbare Orde Polisie ook op die kampus teenwoordig. US Kampussekuriteit monitor die situasie met kameras en personeel wat oor die kampus versprei is. Die normale sekuriteitsreëlings vir geboue waar eksamens afgelê word, is steeds van toepassing. Reaksiespanne is ook gereed in geval van pogings tot ontwrigting. Wat betref geboue waar eksamens nie afgelê word nie, word alle toegangsdeure gesluit en gekontroleerde toegang tot die gebou is net via een toegewysde toegangsdeur moontlik.
  • Bestuur is bewus van moontlike protesaksie, wat dalk studente van ander universiteite mag insluit, op die Stellenbosch-kampus vandag.  Gebeurlikheidsmaatreëls is in plek en die situasie word deurlopend gemonitor.
  • Eksamens gaan voort soos geskeduleer.  Alle Stellenbosch-kampus studente aan die volgende eksamenreëlings herinner:
    • Streng toegangsbeheer sal dwarsdeur die eksamen by geboue en eksamenlokale geld 
    • Daar sal van elke student verwag word om hom/haarself met ‘n geldige US-studentekaart te identifiseer, of indien dit nie moontlik is nie, met ‘n identiteitsdokument of bestuurderslisensie
    • Studente wat sonder ‘n US-studentekaart en met slegs ‘n identiteitsdokument of bestuurderslisensie by eksamenlokale aankom, sal moet wag totdat hulle deur personeel aan diens geïdentifiseer kan word; of hul naam op die kontrolelys vir die eksamen afgemerk kan word
    • Studente word versoek om ten minste 20 minute voor die geskeduleerde aanvang van ‘n eksamen by die lokaal aan te meld
    • Studente word ook daaraan herinner dat hulle kragtens die Dissiplinêre Kode skuldig is aan wangedrag indien hul optrede die normale gang van akademiese aktiwiteite of die algemene werksaamhede van die US benadeel
  • Stuur asb 'n e-pos na info@sun.ac.za of skakel 021 808 9111 as jy dringende dokumentasie nodig het van Admin A&C.
  • Belangrike nommers:
    • NOODNOMMERS en om insidente aan te meld: Stellenbosch-kampus 0218082333, Tygerberg-kampus 0219389507
    • Krisisdiens 0825570880
    • Akademiese navrae/hulp 0218084707
    • Terapeutiese dienste 0218084994

DINSDAG 1 November

  • Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, het ad hoc-reëlings in verband met verlore akademiese tyd en die eindeksamen vir 2016 goedgekeurdie eksamens aangekondig.  Lees sy skrywe aan personeel en studente hier.
  • Alle Stellenbosch-kampus studente aan die volgende eksamenreëlings herinner:
    • Streng toegangsbeheer sal dwarsdeur die eksamen by geboue en eksamenlokale geld 
    • Daar sal van elke student verwag word om hom/haarself met ‘n geldige US-studentekaart te identifiseer, of indien dit nie moontlik is nie, met ‘n identiteitsdokument of bestuurderslisensie
    • Studente wat sonder ‘n US-studentekaart en met slegs ‘n identiteitsdokument of bestuurderslisensie by eksamenlokale aankom, sal moet wag totdat hulle deur personeel aan diens geïdentifiseer kan word; of hul naam op die kontrolelys vir die eksamen afgemerk kan word
    • Studente word versoek om ten minste 20 minute voor die geskeduleerde aanvang van ‘n eksamen by die lokaal aan te meld
    • Studente word ook daaraan herinner dat hulle kragtens die Dissiplinêre Kode skuldig is aan wangedrag indien hul optrede die normale gang van akademiese aktiwiteite of die algemene werksaamhede van die US benadeel
  • Die biblioteek is oop.  Die biblioteek mag gesluit kan word indien daar 'n risiko van besetting of ontwrigting is, wat langtermyn toegang vir studente mag voorkom. Vir dringende navrae indien die biblioteek gesluit is: libraryhelp@sun.ac.za.
  • NOODNOMMERS en om insidente aan te meld:
    • Stellenbosch-kampus: 0218082333

    • Tygerberg-kampus: 0219389507

INFO SOOS OP DINSDAG 25 Oktober

Met die eindeksamen wat vandag begin, word alle Stellenbosch-kampus studente aan die volgende reëlings herinner:
 
  • Streng toegangsbeheer sal dwarsdeur die eksamen by geboue en eksamenlokale geld 
  • Daar sal van elke student verwag word om hom/haarself met ‘n geldige US-studentekaart te identifiseer, of indien dit nie moontlik is nie, met ‘n identiteitsdokument of bestuurderslisensie
  • Studente wat sonder ‘n US-studentekaart en met slegs ‘n identiteitsdokument of bestuurderslisensie by eksamenlokale aankom, sal moet wag totdat hulle deur personeel aan diens geïdentifiseer kan word; of hul naam op die kontrolelys vir die eksamen afgemerk kan word
  • Studente word versoek om ten minste 20 minute voor die geskeduleerde aanvang van ‘n eksamen by die lokaal aan te meld
  • Studente word ook daaraan herinner dat hulle kragtens die Dissiplinêre Kode skuldig is aan wangedrag indien hul optrede die normale gang van akademiese aktiwiteite of die algemene werksaamhede van die US benadeel

Belangrike kontakbesonderhede: 
24-uur Krisisdiens: 082 557 0880
Kampussekuriteit se noodnommers: Stellenbosch 0218082333, Tygerberg 0219389507
 
Die Rektor se Bestuurspan wens alle studente ‘n suksesvolle eindeksamen vir 2016 toe.

INFO SOOS OP MAANDAG 24 Oktober

  • Universiteite Suid-Afrika het 'n beroep gedoen om ons universiteite op koers te hou.  Lees meer.
  • Die Universiteit Stellenbosch-bestuur is verbind tot betrokkenheid by studente en verskeie gesprekke in 'n verskeidenheid van forums gaan voort op die kampus. As gevolg van bestaande verpligtinge is die volle Rektor se Bestuurspan (RBS) is nie beskikbaar hierdie week nie, maar 'n proses is reeds ver gevorderd om 'n geskikte datum en tyd vir 'n kwollokwium vir 20 tot 30 deelnemers hierdie week te vind.​  Lees meer.
  • Die biblioteek is oop.  Die biblioteek mag gesluit kan word indien daar 'n risiko van besetting of ontwrigting is, wat langtermyn toegang vir studente mag voorkom. Vir dringende navrae indien die biblioteek gesluit is: libraryhelp@sun.ac.za.
  • Stuur asb 'n e-pos na info@sun.ac.za of skakel 021 808 9111 as jy dringende dokumentasie nodig het van Admin A&C.
  • Gaan na My.Sun om drukkwotas of Inetkey te laai.  Indien jy probleme met die proses ondervind, stuur asseblief 'n epos na info@sun.ac.za.
  • NOODNOMMERS en om insidente aan te meld:
    • Stellenbosch-kampus: 0218082333
    • Tygerberg-kampus: 0219389507

INFO SOOS OP DONDERDAG 20 Oktober EN VRYDAG 21 Oktober

  • Die Universiteit Stellenbosch-bestuur is verbind tot betrokkenheid by studente en verskeie gesprekke in 'n verskeidenheid van forums gaan voort op die kampus. As gevolg van bestaande verpligtinge is die volle Rektor se Bestuurspan (RBS) is nie beskikbaar hierdie week nie, maar 'n proses is reeds ver gevorderd om 'n geskikte datum en tyd vir 'n kwollokwium vir 20 tot 30 deelnemers volgende week te vind.​  Lees meer.

  • Sosiale media verslae het beweer dat die Rektor se Bestuurspan 'n massavergadering in die Kruiskerk sou bywoon om 13:00 vandag. Dit is egter nie met die bestuur bevestig nie.

  • By US gaan klasse voort, met sigbare sekuriteit vir veiligheid. Hoewel die situasie tans kalm is, sal die vlak van waaksaamheid en toegangsbeheer in stand gehou word.
  • Die biblioteek is oop.  Die biblioteek mag gesluit kan word indien daar 'n risiko van besetting of ontwrigting is, wat langtermyn toegang vir studente mag voorkom. Vir dringende navrae indien die biblioteek gesluit is: libraryhelp@sun.ac.za.
  • Stuur asb 'n e-pos na info@sun.ac.za of skakel 021 808 9111 as jy dringende dokumentasie nodig het van Admin A&C.
  • Gaan na My.Sun om drukkwotas of Inetkey te laai.  Indien jy probleme met die proses ondervind, stuur asseblief 'n epos na info@sun.ac.za.
  • Die getal bykomende sekuriteitspersoneel en hul fisiese voorkoms as gevolg van beskermende toerusting, word genoodsaak deur die deurlopende en toenemende nasionale protesaksie. Die Universiteit het opdrag gegee aan sekuriteitsdiensverskaffers om met maksimum beperking (“restraint”) op te tree ondanks uitlokking en moeilike operasionele omstandighede. Interaksie met betogers is 'n laaste uitweg. 
  • Studente wat voel dat hulle geteister word deur sekuriteitspersoneel, of dat sekuriteitspersoneel onvanpas optree, moet voorvalle by unfair@sun.ac.za rapporteer. Volledige besonderhede is noodsaaklik om die US in staat te stel om ondersoek in te stel: datum, tyd, plek van voorval, wat gebeur het en die name en kontakbesonderhede van getuies. Foto's of video-knipsels is ook nuttig. Dit is belangrik om daarop te let dat die US se permanente personeel van Kampussekuriteit nie wetlik toegelaat word om sekuriteitsdienste wat verband hou met protesaksie te voorsien nie.
  • Die Universiteit gaan voort met dissiplinêre optrede teen studente wat betrokke was by aanranding en/of aksies wat medestudente verhinder het om deel te neem aan akademiese aktiwiteite. Dit sluit toegang tot die biblioteek, ontwrigting van lesings en toetse en skeur van toetsvraestelle in. In teenstelling met sosiale media gerugte, is geen studente sonder 'n verhoor geskors nie. Lees meer hier.
  • Personeel en studente kan foto's en video's van protesaksie waar geweld en/of skade aan eiendom plaasgevind het, met besonderhede waar beskikbaar, na report@sun.ac.za te stuur.
  • NOODNOMMERS en om insidente aan te meld:
    • Stellenbosch-kampus: 0218082333
    • Tygerberg-kampus: 0219389507

INFO SOOS OP DINSDAG 18 Oktober EN WOENSDAG 19 Oktober

INFO SOOS OP MAANDAG 17 Oktober

  • By US gaan klasse voort, met sigbare sekuriteit vir veiligheid. 

INFO SOOS OP VRYDAG 14 Oktober

  • 'n Dreig-stemboodskap oor protesaksie vandag is aan sommige studente gestuur.  Die egtheid is onbekend. By US gaan klasse voort, met sigbare sekuriteit vir veiligheid. Daar word 'n beroep gedoen op studente, ouers/voogde en personeel om kalm te bly.
  • Die biblioteek is oop.  Die biblioteek mag gesluit kan word indien daar 'n risiko van besetting of ontwrigting is, wat langtermyn toegang vir studente mag voorkom. Vir dringende navrae indien die biblioteek gesluit is: libraryhelp@sun.ac.za.
  • Stuur asb 'n e-pos na info@sun.ac.za of skakel 021 808 9111 as jy dringende dokumentasie nodig het van Admin A&C.
  • Gaan na My.Sun om drukkwotas of Inetkey te laai.  Indien jy probleme met die proses ondervind, stuur asseblief 'n epos na info@sun.ac.za.
  • Die getal bykomende sekuriteitspersoneel en hul fisiese voorkoms as gevolg van beskermende toerusting, word genoodsaak deur die deurlopende en toenemende nasionale protesaksie. Die Universiteit het opdrag gegee aan sekuriteitsdiensverskaffers om met maksimum beperking (“restraint”) op te tree ondanks uitlokking en moeilike operasionele omstandighede. Interaksie met betogers is 'n laaste uitweg. 
  • Studente wat voel dat hulle geteister word deur sekuriteitspersoneel, of dat sekuriteitspersoneel onvanpas optree, moet voorvalle by unfair@sun.ac.za rapporteer. Volledige besonderhede is noodsaaklik om die US in staat te stel om ondersoek in te stel: datum, tyd, plek van voorval, wat gebeur het en die name en kontakbesonderhede van getuies. Foto's of video-knipsels is ook nuttig. Dit is belangrik om daarop te let dat die US se permanente personeel van Kampussekuriteit nie wetlik toegelaat word om sekuriteitsdienste wat verband hou met protesaksie te voorsien nie.
  • Personeel en studente kan foto's en video's van protesaksie waar geweld en/of skade aan eiendom plaasgevind het, met besonderhede waar beskikbaar, na report@sun.ac.za te stuur.
  • NOODNOMMERS en om insidente aan te meld:
    • Stellenbosch-kampus: 0218082333
    • Tygerberg-kampus: 0219389507

INFO SOOS OP DONDERDAG 13 Oktober

  • 'n Dreig-stemboodskap oor protesaksie môre is aan sommige studente gestuur.  Die egtheid is onbekend. By US gaan klasse voort, met sigbare sekuriteit vir veiligheid. Daar word 'n beroep gedoen op studente, ouers/voogde en personeel om kalm te bly.
  • Daar was geen ernstige voorvalle oornag nie. Daar is tans klein splintergroepe aktief op kampus. Hoewel die situasie tans kalm is, sal die vlak van waaksaamheid en toegangsbeheer in stand gehou word.
  • Die besetting van House Russel Botman Huis is laat gistermiddag beëindig en ‘n addisionele sekuriteitsmaatskappy, wat spesialiseer in skarebeheer, is ontplooi op kampus.
  • Die getal bykomende sekuriteitspersoneel en hul fisiese voorkoms as gevolg van beskermende toerusting, word genoodsaak deur die deurlopende en toenemende nasionale protesaksie. Sedert die onsuksesvolle poging om 'n petrolbom in 'n gebou van die Fakulteit Ingenieurswese te gooi, is geen verdere toestelle gevind nie.
  • As gevolg van die ontwrigting van voedseldienste gisteroggend, is sekuriteitspersoneel by koshuise geposisioneer om te verseker dat maaltye vandag aan studente bedien sal word.
  • Die Universiteit het opdrag gegee aan sekuriteitsdiensverskaffers om met maksimum beperking (“restraint”) op te tree ondanks uitlokking en moeilike operasionele omstandighede. Interaksie met betogers is 'n laaste uitweg.
  • Die Universiteit gaan voort met dissiplinêre optrede teen studente wat betrokke was by aanranding en/of aksies wat medestudente verhinder het om deel te neem aan akademiese aktiwiteite. Dit sluit toegang tot die biblioteek, ontwrigting van lesings en toetse en skeur van toetsvraestelle in.
  • Die biblioteek is oop.  Die biblioteek mag gesluit kan word indien daar 'n risiko van besetting of ontwrigting is, wat langtermyn toegang vir studente mag voorkom. Vir dringende navrae indien die biblioteek gesluit is: libraryhelp@sun.ac.za.
  • Alle akademiese aktiwiteite gaan voort. Addisionele maatreëls is getref. Lees die volle verklaring hier
  • Personeel en studente kan foto's en video's van protesaksie waar geweld en/of skade aan eiendom plaasgevind het, met besonderhede waar beskikbaar, na report@sun.ac.za te stuur.
  • Stuur asb 'n e-pos na info@sun.ac.za of skakel 021 808 9111 as jy dringende dokumentasie nodig het van Admin A&C.
  • Gaan na My.Sun om drukkwotas of Inetkey te laai.
  • NOODNOMMERS en om insidente aan te meld:
    • Stellenbosch-kampus: 0218082333
    • Tygerberg-kampus: 0219389507

INFO SOOS OP WOENSDAG 12 Oktober

  • Sekuriteit is opgeskerp op US-kampusse deur Kampussekurieit en SAPS om studente se veiligheid te verseker.  Dis situasie word deurlopend gemoniteer.  Lees meer.
  • Na ernstige pogings tot skade aan eiendom gisteraand, word sekuriteit aansienlik toegeneem vir vanaand. Sekuriteitspersoneel in beskermende toerusting sal hoë sigbaarheid handhaaf.
  • Prof Wim de VIlliers het 'n sms aan studente gestuur om hul te verseker van ondersteuning om die jaar te voltooi:  "Besige tyd lê voor vir ons studente & US beleef uitdagende tydperk. Wees verseker van ondersteuning  om 2016 akademiese jaar te voltooi. Prof Wim de Villiers"
  • Die biblioteek is oop.  Die biblioteek mag gesluit kan word indien daar 'n risiko van besetting of ontwrigting is, wat langtermyn toegang vir studente mag voorkom. Vir dringende navrae indien die biblioteek gesluit is: libraryhelp@sun.ac.za.

  • Alle akademiese aktiwiteite gaan voort. Addisionele maatreëls is getref. Lees die volle verklaring hier
  • Personeel en studente kan foto's en video's van protesaksie waar geweld en/of skade aan eiendom plaasgevind het, met besonderhede waar beskikbaar, na report@sun.ac.za te stuur.
  • Stuur asb 'n e-pos na info@sun.ac.za of skakel 021 808 9111 as jy dringende dokumentasie nodig het van Admin A&C.

  • Gaan na My.Sun om drukkwotas of Inetkey te laai.

  • NOODNOMMERS en om insidente aan te meld:
    • Stellenbosch-kampus: 0218082333
    • Tygerberg-kampus: 0219389507

INFO SOOS OP DINSDAG 11 Oktober

  • Personeel en studente word gevra om kalm en geduldig te bly, en nie op uitlokking te reageer nie. 
  • Personeel en studente kan versoek word om tydelik in ‘n lokaal of gebou aan te bly totdat dit veilig is om dit te verlaat. Gee asseblief samewerking aan sekuriteitspersoneel.  
  • Die biblioteek is oop vir die res van die dag. Vir dringende navrae: libraryhelp@sun.ac.za.
  • Stuur asb 'n e-pos na info@sun.ac.za of skakel 021 808 9111 as jy dringende dokumentasie nodig het van Admin A&C.
  • Personeel en studente kan foto's en video's van protesaksie waar geweld en/of skade aan eiendom plaasgevind het, met besonderhede waar beskikbaar, na report@sun.ac.za te stuur.

NOODNOMMERen om insidente aan te meld:

  • Stellenbosch-kampus: 0218082333
  • Tygerberg-kampus: 0219389507

INFO SOOS OP MAANDAG 10 Oktober

  • Alle akademiese aktiwiteite gaan voort op Dinsdag 11 Oktober en die res van die week. Addisionele maatreëls is reeds vir môre getref. Lees die volle verklaring hier.
  • Daar is protesaksie op die kampus vandag, maar die situasie word deurlopend gemonitor en maatreëls is in plek. 
  • ‘n Groep van ongeveer 160 mense beweeg rond op kampus. Die groep bestaan uit US-studente, werkers en moontlik studente van ander kampusse.  Enkele lesings is ontwrig, brandblussers uitgespuit en enkele deure afgebreek.
  • Waar moontlik word akademiese aktiwiteite voortgesit, maar alle geboue is gesluit en toegangsbeheer word toegepas.  Fakulteite sal direk met studente kommunikeer indien daar veranderinge in die akademiese skedule is.
  • Personeel en studente word gevra om kalm en geduldig te bly, en nie op uitlokking te reageer nie. 
  • Personeel en studente kan versoek word om tydelik in ‘n lokaal of gebou aan te bly totdat dit veilig is om dit te verlaat. Gee asseblief samewerking aan sekuriteitspersoneel.  
  • Die biblioteek is gesluit vir die res van die dag. Vir dringende navrae: libraryhelp@sun.ac.za.
  • Stuur asb 'n e-pos na info@sun.ac.za of skakel 021 808 9111 as jy dringende dokumentasie nodig het van Admin A&C.
  • Personeel en studente kan foto's en video's van protesaksie waar geweld en/of skade aan eiendom plaasgevind het, met besonderhede waar beskikbaar, na report@sun.ac.za te stuur.

NOODNOMMERen om insidente aan te meld:

  • Stellenbosch-kampus: 0218082333
  • Tygerberg-kampus: 0219389507
 
Duidelikheid oor interdik, opgeskorte studente

Die Universiteit Stellenbosch het 'n interdik gekry om die besetting van die Wilcocks-gebou deur 30 studente te beëindig en om hierdie studente te weerhou daarvan om akademiese/administratiewe funksies aan die Universiteit Stellenbosch te ontwrig, of om geboue te versper of te beset. Die 19 studente met ‘n interdik (11 van die 30 is ook opgeskort) kan voortgaan met al hul akademiese aktiwiteite. Hulle het volle toegang tot hul fakulteite, koshuise, biblioteek en rekenaargebruikersareas.

Twaalf studente is opgeskort uit die Universiteit Stellenbosch, afhangende van die uitslag van 'n dissiplinêre proses. Hierdie studente mag nie klasse bywoon of deelneem aan enige akademiese aktiwiteite totdat die dissiplinêre proses afgehandel is nie. Die opskortings is as gevolg van aanklagte van aanranding en/of voorkoming van medestudente se deelname aan akademiese aktiwiteite, insluitend ontwrigting van toetse, skeur van toetsvraestelle en/of blokkering toegang tot die biblioteek, sodat ander studente nie kon gebruik maak van die fasiliteite nie. Alle opgeskorte studente is in kennis gestel van die redes vir hul opskortings.

INFO SOOS OP WOENSDAG 28 September

  • Die Stellenbosch-kampus hoofbiblioteek is oop. 
  • Die biblioteek mag gesluit kan word indien daar 'n risiko van besetting is, wat langtermyn toegang vir studente mag voorkom. Vir dringende navrae indien die biblioteek gesluit is: libraryhelp@sun.ac.za.
  • NOODNOMMERS en om insidente aan te meld:
    • Stellenbosch-kampus: 0218082333
    • Tygerberg-kampus: 0219389507
  • TOETSE: Toetse is geskeduleer om voort te gaan hierdie week. Streng toegangsbeheer sal toegepas word by geboue, dus is studentekaarte noodsaaklik vir diegene wat toets skryf. Kom asseblief 15 minute vroeg met jou studentekaart.

INFO SOOS OP DINSDAG 27 September

  • Geen studentevergadering is vir vandag 13:00 in die Biblioteek-ouditorium geskeduleer nie.

INFO SOOS OP MAANDAG 26 September

  • 'n Paar klasse is vanoggend ontwrig, enkeles waar klastoetse (nie semestertoetse nie) geskryf is.
  • Daar word voorsien dat akademiese en administratiewe aktiwiteite sal voortgaan
  • US doen 'n beroep op studente om nie lesings of toetse te ontwrig nie, en om die regte van studente en personeel wat verkies om hul werk voort te sit, te respekteer.

TOETSE: Toetse is geskeduleer om voort te gaan hierdie week. Streng toegangsbeheer sal toegepas word by geboue, dus is studentekaarte noodsaaklik vir diegene wat toets skryf. Kom asseblief 15 minute vroeg met jou studentekaart.

  • 'n Spoliasie-bevel (mandament van spolie) is Vrydag (23 Sep) op die Universiteit bestel en toegang tot akkommodasie vir die geskorste studente is herstel (nie al die geskorste studente is in US-akkommodasie nie). Die studente kan steeds nie akademiese geboue betree of met hul akademiese aktiwiteite voortgaan tot die dissiplinêre proses afgehandel is nie. Die studente teen wie daar 'n interdik is, maar wat nie geskors is nie, kan voortgaan om klasse by te woon, toets te skryf en US-fasiliteite benut, op voorwaarde dat hulle nie betrokke raak in enige verdere ontwrigtende aktiwiteite nie.  Lees die agtergrond hier.
  • Kyk die Rektor se video oor studentegelde en protes (23 September).

NOODNOMMERS en om insidente aan te meld:

  • Stellenbosch-kampus: 0218082333
  • Tygerberg-kampus: 0219389507

INFO SOOS OP SONDAG 25 September

  • Daar word beplan dat akademiese en administratiewe aktiwiteite die komende week voort sal gaan. 
  • US doen 'n beroep op studente om nie lesings of toetse te ontwrig nie, en om die regte van studente en personeel wat verkies om hul werk voort te sit, te respekteer.

Toetse: Studente word herinner om asseblief hul studentekaarte by hul toetslokale te toon en 15 min voor die tyd op te daag. Daar sal geen toegang sonder 'n studentekaart wees nie.

NOODNOMMERS en om insidente aan te meld

  • Stellenbosch-kampus: 021 808 2333 

  • Tygerberg-kampus: 021 938 9507

INFO SOOS OP VRYDAG 23 September

Stellenbosch-kampus:

  • Die Rektor en die Studentedekaan het op Saterdag 17 September die groep studente ontmoet en hul daartoe verbind om terugvoer teen Vry 23 September te gee. 
  • Die groep het onderneem om nie akademiese aktiwiteite verder ontwrig nie. Dit het op Maandag en Dinsdag 19-20 September verander.
  • Weens die situasie op die kampus, is die beloofde terugvoer aan studente per e-pos op Dinsdag 20 September gestuur.
  • US bly verbind tot deurlopende gesprekke met studente, gedryf deur Studentesake en die Studentedekaan.
  • 12:00 - massabyeenkoms op die Rooiplein begin
  • Moontlike protesaksie op Stellenbosch-kampus vandag. Opdaterings volg.
  • Studente van ander universiteite vandag op kampus, blokkeer strate. US verskerp toegangsbeheer by geboue.   
  • Gesprekke met studente gaan voort, gefasiliteer deur die Studentedekaan. 
  • Klasse en toetse gaan voort soos geskeduleer.

TYGERBERG-kampus: Kampus-toegang oop. Alle voorgraadse akademiese aktiwiteite vir Vrydag 23 September bly uitgestel. Die res van die aktiwiteite van die Fakulteit sal voortgaan. Boodskap van die Dekaan se Bestuurspan.

Toetse: Studente word herinner om asseblief hul studentekaarte by hul toetslokale te toon en 15 min voor die tyd op te daag. Daar sal geen toegang sonder 'n studentekaart wees nie.

NOODNOMMERS en om insidente aan te meld

  • Stellenbosch-kampus: 021 808 2333 
  • Tygerberg-kampus: 021 938 9507

INFO SOOS OP DONDERDAG 22 September

TYGERBERG-kampus: Kampus-toegang oop. Alle voorgraadse akademiese aktiwiteite vir Donderdag 22 September bly uitgestel. Die res van die aktiwiteite van die Fakulteit sal voortgaan. Lees 'n verklaring deur die Dekaan se bestuurspan hier.

Stellenbosch-kampus: Klasse en toetse gaan voort soos geskeduleer.

Biblioteek: Stellenbosch-kampus biblioteek OOP

Belangrike telefoonnommers:

NOODNOMMERS en om insidente aan te meld

  • Stellenbosch-kampus: 021 808 2333
  • Tygerberg-kampus: 021 938 9507

Krisisdiens (berading)

  • Stellenbosch-kampus: 082 557 0880
  • Tygerberg-kampus: 082 557 0880

Toetse: Studente moet asb studentekaarte by toetslokaal toon en 15 min voor die tyd opdaag. Geen toegang sonder studentekaart.

Onlangse US-verklarings:

INFO SOOS OP WOENSDAG 21 September

Inligting oor 'n hofbevel oor studente wat die Wilcocks-gebou beset: Info hier. Die studente het na die hofbevel aan hul voorgehou is, die gebou verlaat.

Stellenbosch-kampus: Klasse gaan normaalweg voort op Woensdag 21 September (opdaterings volg)

Tygerberg-kampus: Alle klasse vir voorgraadse studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is afgestel vir die dag. Kliniese rotasies en Vaardigheidslaboratorium-aktiwiteite gaan voort. Die Dekaan se Bestuurspan ontmoet met die Tygerberg Studenteraad om gebeurlikheidsreëlings vir Dondedag en Vrydag te tref. Lees 'n verklaring deur die Dekaan se bestuurspan hier.

 Biblioteek op die Stellenbosch-kampus open vandag.

Lees 'n verklaring deur prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, hier.

Sien belangrike telefoonnommers onder

INFO SOOS OP DINSDAG 20 September

Gebeurlikheidsplanne is in plek om die protesaksie op die Stellenbosch- en Tygerberg-kampusse te bestuur. 

Stellenbosch-kampus: Klasse en toetse op Stellenbosch-kampus is nie afgestel nie en gaan soos geskeduleer voort.

'n Klein groep studente het klasse in onder meer die Lettere-gebou ontwrig. Die Universiteit beskou dit as totaal en al onaanvaarbaar aangesien dit indruis teen die regte van studente om te studeer. Sekuriteitspersoneel sal toetree waar nodig en die Universiteit sal nie huiwer om dissiplinere stappe te neem nie.

Alle klasse en toetse geskeduleer vir die Wilcocks-gebou op Dinsdagmiddag en Woensdag 21 September is geskuif en personeel en studente daaroor ingelig. 

Belangrik: Studente moet asb studentekaarte by toetslokaal toon en 15 min vroeg opdaag. Ongelukkig geen toegang tot lokaal sonder kaart.

Tygerberg-kampus: Alle klasse en kliniese rotasies vir studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is opgeskort vir vandag, Dinsdag 20 September 2016 en geen student sal gepenaliseer word indien hulle nie hierdie verpligtinge nakom nie. Noodsaaklike dienste, toetse en eksamens sal voortgaan.

Kliek hier om 'n verklaring van die Dekaan se Bestuurspan te lees.

BELANGRIKE KONTAKNOMMERS:

Noodnommers:

Stellenbosch-kampus: 021 808 2333

Tygerberg-kampus: 021 938 9507

Krisisdiens (berading)

Stellenbosch-kampus: 082 557 0880

Tygerberg-kampus: 082 557 0880

Kampusgesondheidsdiens (mediese bystand)

Stellenbosch-kampus: 076 431 0305

Tygerberg-kampus: 021 938 9590

VERKLARING OOR STUDENTEGELDE:

Lees die die Universiteit Stellenbosch se verklaring oor die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, dr Blade Nzimande hier.

Die Minister van Hoër Onderwus en Opleiding se Verklaring 

Universiteite Suid-Afrika (Universities South Africa) se respons op die aankondiging 

Vir meer inligting oor die befondingsmodel in die hoër-onderwyssektor, studentegelde by die US en hoe die US studente ondersteun: skakel na webblad.

BIBLIOTEEK

Die hoofbiblioteek op die Stellenbosch-kampus is vandag gesluit. Studente en navorsers wat dringende toegang benodig: stuur asb 'n e-pos na libraryhelp@sun.ac.za

ADMIN-GEBOUE

Stuur asb 'n e-pos na info@sun.ac.za of skakel 021 808 9111 as jy dringende dokumentasie nodig het van Admin A&C