Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch ontvang R30m skenking
Outeur: Development & Alumni/Ontwikkeling & Alumni-betrekkinge
Gepubliseer: 23/08/2016
'n Vennootskap met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) help die Universiteit Stellenbosch (US) met sy doelwitte om 'n wêreldklas-Afrika universiteit te wees, toegang te verbreed, uitnemendheid te handhaaf en sy sosiale impak te verhoog.

Dit was die woorde van prof Wim de Villiers, die US se Rektor en Visekanselier, tydens 'n aankondiging van 'n R30-miljoen skenking wat die Universiteit van die padagentskap ontvang het. Hierdie skenking sal voortgaan om die SANRAL Leerstoel in Plaveiselingenieurswese aan die Universiteit binne sy Siviele Ingenieurswese Departement te finansier en sal SANRAL help om die vaardighede gaping binne die plaveiselingenieurswese veld aan te spreek.

Die leerstoel is in 2001 met die finansiële ondersteuning van SANRAL totstand gebring. Die akademiese program van die leerstoel is verbind tot die ontwikkeling van menslike kapitaal en kapasiteitsbou op die gebied van plaveiselingenieurswese. Dit dra ook by tot navorsing wat die behoeftes van die land se padbedryf en die opleiding van die volgende-generasie plaveiselingenieurs aanspreek.

"Ons belê nie net in die bou van paaie en brûe nie, maar ook in ons gemeenskappe," het mnr Kobus van der Walt, streekbestuurder van SANRAL se Westelike Streek, gesê. Van der Walt het namens mnr Nazir Alli, Sanral se uitvoerende hoof, gepraat.

"Die padagentskap se opvoedkundige reik strek selfs verder. In 2008 is daar met 'n program begin wat tot op hede beurse aan 192 leerders en beurse aan 108 studente by agt van die voorste universiteite in Suid-Afrika gee. Dit bied ook internskappe om ingenieurstudente wat hulle help om hul grade te behaal en gee mentorskap ondersteuning aan beurshouers wat insluit hulp met praktiese projekte, indien nodig, tydens hul studies," het mnr Van der Walt verduidelik.

"Siviele Ingenieurswese het nou 'n akademiese leerstoel wat volhoubaar geborg word en ons is baie dankbaar vir hierdie belegging in ons akademiese program," het prof De Villiers gesê.

"Die mobiliteit van mense en die vervoer van goedere is van kardinale belang vir ekonomiese groei en die verligting van armoede in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika. Paaie is die are van 'n ekonomie, dit verbind boere aan plaaslike markte, verskaf pendelaar roetes en kommunikasie netwerke, en verbind lande met globale markte. Die SANRAL leerstoel ondersteun sosio-ekonomiese uitbreiding deur die ontwikkeling van menslike kapitaal (plaveiselingenieurs); en innoverende, volhoubare pad-bou tegnologie vir optimale infrastruktuur," het hy bygevoeg.

Die SANRAL Leerstoel bied gespesialiseerde nagraadse kursusse aan studente en praktisyns in die padbedryf om hulle op hoogte van nuwe tendense en ontwikkelings in die globale omgewing te hou. Dit is ook verantwoordelik vir onderrig op voorgraadse vlak, die skep van bewustheid oor plaveiselingenieurswese onder studente en vir die bestuur van teerpad en plaveisel navorsing laboratoriums. Navorsing wat gedoen word sluit onder meer in innoverende materiaal ondersoeke en ontleding van gedrag, pad rehabilitasie en herwinningstegnologie en volhoubare padkonstruksie praktyke, numeriese modellering en ontwerp stelsels vir sypaadjies, asook toepaslike seël en asfalt tegnologie. 

Volgens die US se prof Kim Jenkins, bekleër van die SANRAL Leerstoel, het die nagraadse program van krag tot krag gegaan. "Elke jaar word daar tussen 10 en 15 nuwe nagraadse studente geregistreer, wat die totale getal van huidige studente tot tussen 35 en 45 te staan bring. Sewe doktorale en 51 meestersgrade is reeds onder die studieleierskap van die Leerstoel toegeken. Twee-derdes van studente kom uit histories-benadeelde gemeenskappe en weerspieël beide SANRAL en die Universiteit se verbintenis tot diversiteit."

  • Klik hier vir meer oor die SANRAL Leerstoel.
  • Foto: Prof Hansie Knoetze, Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese, prof Kim Jenkins, mnr Kobus van der Walt en prof Wim de Villiers. (Fotograaf: Anton Jordaan)