Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Dion Forster, Prof Allan Boesak, Prof Robert Vosloo
Allan Boesak se 70ste verjaardag word gevier
Outeur: Marita Snyman
Gepubliseer: 12/05/2016

Voor die byeenkoms het deelnemers die inleiding en eerste hoofstuk van Prof Boesak se nuutste boek, Kairos, Crisis, and Global Apartheid: The Challenge to Prophetic Resistance. Palgrave Macmillan, ontvang.

Die verwysing na "Kairos" in die titel van die boek herinner aan die 1985 Kairos-dokument wat teologies reageer op die krisis wat deur apartheid Suid-Afrika veroorsaak is. Die boek voer aan dat Christene en geloofsgemeenskappe 'n meer globale soort apartheid in die gesig staar, ʼn vorm van apartheid wat - soos die boek dit stel - "veroorsaak en gekenmerk word deur groeiende sosiale en ekonomiese ongelykhede, omgewings-verwoesting, en die agteruitgang van menswaardigheid op 'n globale skaal ". Die boek maak 'n sterk oproep vir 'n teologie van profetiese weerstand.

By die geleentheid het Prof Robert Vosloo 'n paar vrae oor die boek aan Prof Boesak gestel, waarop hy gereageer het op sy tipiese helder, uitdagende en inspirerende manier. Hy het uitgebrei oor terme soos "kairos bewussyn" en "globale apartheid," en ook gewys op die invloed van Calvyn, Bonhoeffer, Beyers Naudé, bevrydingsteologie en swart teologie op die idees wat in die boek na vore gebring word. Een van die vrae het die uitdagings van die gesprekke oor dekolonisasie en die verskillende #mustFall bewegings aangespreek. Die bespreking het ook die situasie in die Verenigde State van Amerika en die kandidatuur van Donald Trump aangeraak. Prof Boesak het in reaksie die noodsaaklikheid beklemtoon dat die kerk saam met God moet staan vir geregtigheid.

Die geleentheid, wat heelwat stof tot nadenke gebied het, is goed bygewoon en het as 'n uitdaging gedien om die evangelie in lyn met die nalatenskap van mense soos Beyers Naudé te bring. Die geleentheid is afgesluit deur studenteleiers van die fakulteit wat Prof Boesak met sy 70ste verjaardag gelukgewens het. ​