Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
USB se ITN-direkteur nuwe voorsitter van Wêreldleierskapdag
Outeur: USB Marketing & Stakeholder Relations
Gepubliseer: 19/04/2016

​​Dr Morne Mostert, direkteur: Instituut vir Toekomsnavorsing (ITN) by die USB, is as nie-uitvoerende voorsitter van die globale leierskap dinkskrum Wêreldleierskapdag aangestel. Hy het voorheen 'n termyn as president gedien.

Dit kom nadat Wêreldleierskapdag die sosiale entrepreneur en internasionale leierskapskenner, dr Anita Davis-Defoe, as die nuwe president aangestel het. Mostert is in September 2015 as direkteur van ITN aangestel en het met Wêreldleierskapdag ooreengekom dat sy termyn as president op 31 Maart 2016 tot ʼn einde sou kom.

Om dr Mostert op te volg het dr Davis-Defoe gesê: "Tydens sy termyn as president het hy die profiel van Afrika-leierskap op die internasionale verhoog verbeter en het Toekomsnavorsing geposisioneer as ʼn belangrike strategiese bekwaamheid vir senior leiers."

Die nuwe president, wat in Fort Lauderdale, Florida gebaseer is, is ʼn internasionale denkleier en bekende skrywer oor leierskap en geslagsdinamika.

Wêreldleierskapdag is ʼn wêreldwye think tank op leierskap in al sy verskillende fasette. Dit word gelei deur internasionale ambassadeurs en het ʼn invloedryke globale voetspoor, met ʼn teenwoordigheid van18 lande op vyf kontinente. Die jaarlikse Wêreldleierskapdag vind op 20 Maart plaas, ter herdenking van die stigting van die organisasie in Sydney in 2007.