Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se Konvokasie verkies 3 nuwe raadslede
Outeur: Korporatiewe Bemarking / Corporate Marketing
Gepubliseer: 15/03/2016

Drie nuwe lede van die Universiteitsraad is deur die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch verkies. Adv Jan Christiaan Heunis, prof André Coetzee en Mr Heinrich Gonzales. Hierdie drie lede sal van 2 April 2016 tot 1 April 2020 in die Raad dien.

'n Vierde vakature het ontstaan nadat Dr George du Toit aan die einde van 2015 uit die Raad bedank het. Hy is in 'n vorige verkiesing deur die Konvokasie verkies vir die tydperk 2 April 2014 tot 1 April 2018. Lede van die Konvokasie sal binnekort genooi word om kandidate vir die vakature te nomineer. As meer as een kandidaat genomineer word, sal 'n verkiesing plaasvind. Hierdie raadslid se ampstermyn sal op 1 April 2018 eindig, dieselfde datum as dié van die oorspronklike aanstelling. 

Lede van die Konvokasie is versoek om nominasies in te dien vir die vul van die drie vakatures. Aangesien meer as drie kandidate genomineer is, is 'n verkiesing gehou. Die stemproses het op 10 Maart 2016 gesluit. Die geldigheid van die stembriewe is geverifieer.

Adv Heunis, senior advokaat, is die President van die US se Konvokasie. Prof Coetzee is 'n emeritus professor en Uitvoerende Hoof: Anestesiologie en Kritieke Sorg aan die US, en mnr Gonzales is 'n toegelate prokureur in diens van AfriForum.