Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerstejaarstudente verwelkom by Fakulteit Opvoedkunde
Outeur: Pia Nänny
Gepubliseer: 25/01/2016

"Ons vergeet nooit ons beste onderwysers nie. Ons wil het JY moet daardie onderwyser word."

Met hierdie woorde is nuwe students in die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit Stellenbosch (US) Vrydagmiddag (22 Januarie) begroet by 'n verwelkomingsessie wat in die GG Cillié-gebou aangebied is.

Die universiteit se verwelkomingsprogram het Donderdag (21 Januarie) afgeskop met die amptelike verwelkomingsgeleentheid wat in die Danie Craven-stadion by Coetzenburg aangebied is.

Vrydag het die dekaan van die fakulteit, prof Maureen Robinson, en die koördineerder van die BEd-program, dr Louise Botha, die studente ontmoet om hulle 'n oorsig te gee van wat hulle kan verwag en om vrae te beantwoord.

"Ons het ongeveer 1500 aansoeke ontvang en ons het plek vir net 230 BEd-studente," het prof Robinson gesê. "Dit beteken daar is meer as 'n duisend leerders wat teleurgesteld was. Werk hard en wees bewus van jou voorreg," het sy bygevoeg.

"Ons is 'n Suid-Afrikaanse universiteit en ons is bewus van die verskillende onderwyskontekste in die land. Ons berei jou voor vir die hele land en dit is ook jou verantwoordelik om vir alles voor te berei."

Dr Botha het vir die studente gesê dat sy "ongelooflik baie respek" vir hulle het.

"Jy betree nou 'n baie uitdagende loopbaan."

Sy het ook basiese kwessies soos klasbywoning, praktiese sessies, taalopsies, afwesigheid, plagiaat en die grieweprosedure aangespreek.

US verwelkom nuwe studente (algemene inligting)