Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Programveranderinge
Outeur: US Woordfees
Gepubliseer: 10/02/2016

'n Fees is 'n ding met 'n lewe en wil van sy eie – en dis amper onmoontlik om te verwag dat daar geen verandering gaan insluip nie. Op hierdie bladsy hou ons u op hoogte van alle veranderinge wat aan die gedrukte program aangebring word. Maak asseblief 'n draai by ons kaartjiekantoor (grondvloer, Erfurthuis), as u onseker is hoe die veranderinge kaartjies wat reeds uitgereik is, beïnvloed.

 

* Auto: die rolverdeling verander na Nena Butler, Karli Heine en Marelize Viljoen.

* Blindemol: Hierdie radiodrama deur Chris Barnard word deel van Die Byteltjie se program en sal op 7 Maart om 18:00 by die US Museum-lesinglokaal uitgesaai word. Toegang is gratis (45min). Die spelers is Nic de Jager, Nerina Ferreira, Trix Pienaar en Juanita Swanepoel. Blindemol het in 2008 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir radiodrama ontvang. Barnard het die medium baie goed geken en verstaan en het dié stemmingsvolle werk oor 'n blinde klavierstemmer, Dolf, geskep. Dolf is reeds oorlede. Nou kan hy die kleindorpenaars sien en met hulle in gesprek tree, veral met die vroue wat hom liefgehad het.

* Fragment: die datum en tyd het verander na 8 Maart 20:00 (word ook op 10 Maart om 17:30 aangebied).

* Hoe kyk ek?: Nic de Jager vervang vir Acama Fick.

* Hond se gedagte: die middagopvoering op 6 Maart skuif na 17:00 (word ook op dieselfde dag om 11:00 aangebied).

* Johan Degenaar-gedenklesing: Etienne Britz is die aanbieder.

* Mari Stander se kunsuitstalling: skuif na PJ Olivier.

* Ziekzoekers tot Honolulu King: Anne-Gine Goemans: die datum verskuif van 12 Maart na 9 Maart.

Mandalas-werkswinkel met Lize Beekman​: ​'n ekstra werkswinkel is geskeduleer vir 8 Maart 10:30.

* Merino-skaapboudproe: Die tydsduur van die aanbieding het verander van 120 min na 45 min.

* Tinus Horn-gesprek: gekanselleer.

* Frederik van Zyl Slabbert Discourse series: 

National Development Plan - doomed to paper?

With: Erwin Schwella and to be confirmed.

8 March 19:00

Ballot Box 2016

With: Jan-Jan Joubert and to be confirmed.

Universities in South Africa - 2016 and beyond

With: Wim de Villiers, Vivienne Lawack (UWC), Dr. Max Price (UCT).​​


* Schalk Bezuidenhout: Ekstra konsert geskeduleer vir 12 Maart 13:00.



UITVERKOOPTE KONSERTE:

Amore Bekker: Hartstories5 Maart | 10:30

Die dag is bros5 Maart11:30

Moeder Moed en haar kinders | 5 Maart | 20:00

Die dag is bros | 6 Maart | 14:00

Louis Janse van Vuuren en Hardy Olivier: Die storie van 'n huis | 8 Maart | 10:30

Devon Valley Detour | 13 Maart | 11:30​